Die Universiteit Stellenbosch (US) se Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe (FGGW) het onlangs die bekendstelling van die Biomediese Navorsingsinstituut (BMRI) Navorsingsbrongoskopie-suite gevier, wat in die Afdeling Molekul¨ºre Biologie en Mensgenetika gehuisves is.
"Die BMRI Navorsingsbrongoskopie-fasiliteit sal die weg baan vir siekteliggingsnavorsing vir longsiektes, veral tuberkulose," het prof Gerhard Walzl, hoof van die Afdeling Molekul¨ºre Biologie en Mensgenetika ges¨º tydens die bekendstelling. Lees meer
|