Universiteit Stellenbosch: News_中国体育彩票 /afrikaans/Lists/news/AllItems.aspx RSS feed for the News list. Wed, 06 Aug 2025 15:07:32 GMT Microsoft SharePoint Foundation RSS Generator 60 en-US Universiteit Stellenbosch: News_中国体育彩票 /afrikaans/_layouts/15/images/siteIcon.png /afrikaans/Lists/news/AllItems.aspx Versterking van Suid-Suid-samewerking: Besoek aan Bogotá, Colombia_中国体育彩票 /afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=11373 Page Content:

?Stellenbosch Universiteit Internasionaal (SU Internasionaal) brei sy streeksvennootskapsbenadering verder uit deur samewerking te bevorder in dele van die wêreld waar die universiteit tans minder verteenwoordig is in ho?ronderwysvennootskappe. As deel van hierdie strategie het me. Sarah van der Westhuizen, Direkteur van die Sentrum vir Globale Betrokkenheid, 'n week lank aan verskeie betrokkenhede in Colombia deelgeneem, na afloop van 'n reeks besoeke in Brasili?.

Op 7 Julie 2025 het me. Van der Westhuizen deelgeneem aan die GLOSOUTH: Colombia–Suid-Afrika Inisiatief, wat by die Universidad Católica de Colombia aangebied is. Die inisiatief is 'n internasionale samewerkingsprogram tussen die International Education Association of South Africa (IEASA) en die Colombian Network for Internationalisation (RCI), met ondersteuning van die Colombiaanse regering via ICETEX. Dit het ten doel om internasionale samewerking in ho?r onderwys tussen die twee lande te bevorder en Suid-Suid-samewerking te versterk.

Die GLOSOUTH-geleentheid het amptelike openingsboodskappe van regeringsverteenwoordigers van albei lande ingesluit, met mnr. Buti Manamela, Suid-Afrika se Minister van Ho?r Onderwys en Opleiding (aangestel in Julie 2025), as verteenwoordiger van Suid-Afrika. Die program het ook ‘n oorsig van GLOSOUTH-aktiwiteite ingesluit, aangebied deur me. Carolina Cuartas Nader (GLOSOUTH-ko?rdineerder) en dr. Matias Andrés Marín Casta?o, Voorsitter van RCI–ASCUN. Ander hoogtepunte van die dag was ‘n lesing deur dr. Jerónimo Delgado-Caicedo, kulturele optredes, ‘n netwerk-ete, en twee paneelbesprekings—een oor die vordering van elk van die lande met die Volhoubare Ontwikkelingsdoelwitte (SDG’s), en een oor nuwe vennootskappe en bestemmings in die Globale Suide.

Van 8 tot 11 Julie het me. Van der Westhuizen die besoek voortgesit met ‘n amptelike instellingsbesoek aan Universidad de los Andes (Uniandes) in Bogotá. Die besoek is geko?rdineer deur Uniandes se Kantoor vir Internasionale Sake (OIA) en het voortgebou op ‘n bestaande vennootskap tussen SU en Uniandes. Die twee instellings is wêreldwye vennote in die EUTOPIA 中国体育彩票 Alliance en lede van die SGroup Network. Daar bestaan ook reeds ‘n Memorandum van Verstandhouding en ‘n Studente-uitruilooreenkoms tussen die instellings.

Uniandes, wat in 1948 gestig is, is een van die toonaangewende privaat ho?ronderwysinstellings in Suid-Amerika en huisves meer as 19 000 studente. Die universiteit is gele? in die hart van Bogotá teenaan die berge, met ‘n pragtige kampus en ‘n sterk navorsingsfokus oor 11 fakulteite. Uniandes se sleutel interdissiplinêre temas—Planeet, Demokrasie en Nuwe Tegnologie?—resoneer nou met SU se vyf strategiese navorsingsareas.

Tydens die besoek het me. Van der Westhuizen vergaderings gehad met verskeie akademiese eenhede, insluitend die Fakulteite Bestuur, Ekonomie, Geneeskunde, Kunste en Geesteswetenskappe, Argitektuur en Ontwerp, asook die Sentrum vir Volhoubare Ontwikkelingsdoelwitte vir Latyns-Amerika en die Karibiese Eilande (CODS). Die doel van hierdie interaksies was om Stellenbosch Universiteit aan die onderskeie akademiese omgewings bekend te stel en potensi?le gebiede vir toekomstige samewerking te identifiseer.

Verdere vergaderings het plaasgevind met Pontificia Universidad Javeriana en Universidad del Rosario, met die doel om SU se vennootskapvoetspoor in Colombia uit te brei.

Die besoek is afgesluit met duidelike vooruitsigte vir toekomstige samewerking, insluitend akademiese en navorsingsvennootskappe (soos fakulteitsmobiliteit en gesamentlike navorsing), navorsingsinternskappe, studente-uitruil (semesteruitruilings, somerskole en kort programme), personeelontwikkeling, gesamentlike graadprogramme en gesamentlike nagraadse studieleiding.

Colombia en Suid-Afrika deel baie ooreenkomste, insluitend soortgelyke sosiale uitdagings en koloniale geskiedenisse. Hierdie vennootskap bied 'n belangrike geleentheid vir leer, gedeelde insigte, en die bou van Suid-Suid-kapasiteit deur omvattende internasionale samewerking. Stellenbosch Universiteit Internasionaal sien daarna uit om binnekort 'n afvaardiging van Uniandes in Suid-Afrika te verwelkom.

Vir meer inligting oor die vennootskap met Uniandes, kontak gerus Sarah van der Westhuizen.


Page Image:
Author: SU International
Media Release: No
Visibly Featured: SU International Carousel
Published Date: 8/4/2025
Visibly Featured Approved: SU International Carousel;
Enterprise Keywords: SU strengthening South-South Collaborations; Visit Bogata
GUID Original Article: EB4F8868-C373-4EA1-ACD9-49ABE83B4A64
Is Highlight: No
Staff Only: No
Opsomming: Stellenbosch Universiteit Internasionaal brei sy strategiese vennootskappe in Latyns-Amerika uit met institusionele besoeke en deelname aan die GLOSOUTH-inisiatief.
Summary: Stellenbosch 中国体育彩票 International (SU International) is advancing its regional partnership strategy by focusing on parts of the world where the university has limited representation in higher education collaborations
The article is now complete, begin the approval process: No
Article Workflow Status: Article incomplete
]]>
System Account Mon, 04 Aug 2025 08:23:02 GMT /afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=11373
Eerste “onderrighandboek” oor outofagie nou beskikbaar_中国体育彩票 /afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=11374 Page Content:

'n Komplekse sellulêre proses genaamd outofagie is die onderwerp van 'n belangrike nuwe handboek wat  meer as 30 jaar se navorsing in hierdie groeiende studieveld saamvat.

Outofagie is 'n proses waardeur uitgediende, toksiese of beskadigde sellulêre komponente opgeneem en herwin word ten einde 'n gesonde lewende sel in stand te hou. Wanneer hierdie proses ontwrig word of nie reg funksioneer nie, kan dit lei tot neurodegeneratiewe siektes, kanker en hartsiektes.

Autophagy thumbnail.pngHierdie reusehandboek van 335 bladsye, getiteld: Autophagy – From Molecular Mechanisms to Flux Control in Health and Disease, is die breinkind van prof Ben Loos, hoof van die Departement Fisiologiese Wetenskappe aan die Universiteit Stellenbosch (US).

Hy sê dit is uiters moeilik om outofagie te onderrig en te leer vanwe? die kompleksiteit van die proses. Meer as 20 prote?ene is hierby betrokkke as deel van die kernmasjinerie, en minstens net so veel in ander aspekte van die proses.

“Binne 'n snel groeiende veld vind studente en dosente dit moeilik om geskikte studiemateriaal te kies. 'n Mens weet nie waar om te begin, of hoe om te onderskei tussen belangrik en onbelangrik nie," verduidelik hy.

Een van Loos se  PhD-studente, Nicola Heathcote, het 'n reusebydrae gelewer tot hul hoofstuk  oor die presisiemeting van outofagiebaan-tussengangers, gegrond op haar navorsing oor korrelatiewe lig- en elektronmikroskopie: “Deur middel van visualisering en kwantitatiewe beeldanalise, is hierdie hoofstuk daarop gemik om die leerproses te vergemaklik en meer 'tasbaar' te maak," voeg hy by.

Vir Loos is dié unieke boek 'n poging om navorsing by die vernuwing van onderrig te betrek: “Die boek is saamgestel om in die klaskamer gebruik te word. Dit sluit vrae en vasvrae in, en verwys na belangrike navorsingsartikels. Ons glo dit gaan 'n baie handige gids vir beide studente, sowel as wetenskaplikes wees," sê hy.

Maar die belangrikste is egter die belang van hierdie studieveld vir ouerwordende bevolkings in die globale Suide: “Dit is 'n ongelukkige realiteit dat ouderdomsverwante patologie? soos hartsiektes, kanker en neurodegenerasie (waarin outofagie-disfunksie 'n groot rol speel) 'n groter impak het op sosio-ekonomies kwesbare lande," sluit hy af.

Die boek is beskikbaar as 'n e-boek hier by Springer Nature.

Op die foto bo: Prof Ben Loos en PhD student Nicola Heathcote van die Universiteit Stellenbosch se Departement Fisiologiese Wetenskappe met die nuwe “onderrighandboek oor outofagie wat nou beskikbaar is. Agter hulle op die skerm is 'n beeld van 'n sell wat uit honderde seksies saamgevoeg is. Dit het 'n groot 3-dimensionele datastel geskep waarvandaan individuele autofagasome uitgesegemteer kan word. Dit was 'n uiters arbeidsintensiewe proses wat in samewerking met Dr Lucy Collinson van die Francis Crick Instituut in London vir Nicola se PhD navorsing aangepak is. Foto deur Wiida Fourie-Basson


Page Image:
Author: Media (Faculty of Science)
Media Release: No
Visibly Featured: Physiological science Carousel; Science Carousel; Medicine and Health Sciences Carousel; SU Main Carousel
Published Date: 8/4/2025
Visibly Featured Approved: Science Carousel;Medicine and Health Sciences Carousel;SU Main Snippet;
Enterprise Keywords: Autophagy; Department of Physiological Sciences; physiology; teaching
GUID Original Article: BB22CF3C-B5AB-4BF3-B689-6F32F1B4798C
Is Highlight: Yes
Staff Only: No
Opsomming: Hierdie reusehandboek van 335 bladsye, getiteld: Autophagy – From Molecular Mechanisms to Flux Control in Health and Disease, is die breinkind van prof. Ben Loos, hoof van die Departement Fisiologiese Wetenskappe aan die Universiteit Stellenbosch (US).
Summary: The mammoth 335-page textbook, titled Autophagy – From Molecular Mechanisms to Flux Control in Health and Disease, is the brainchild of Prof. Ben Loos, head of the Department of Physiological Sciences at Stellenbosch 中国体育彩票 (SU).
The article is now complete, begin the approval process: No
Article Workflow Status: Article incomplete
]]>
System Account Mon, 04 Aug 2025 10:54:12 GMT /afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=11374
Mikroskuilings belangrik vir oorlewing van insekte_中国体育彩票 /afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=11380 Page Content:

?Mikroklimate – in teenstelling met grootskaalse makro klimaatsmodelle op streeks- of selfs globale vlak – kan 'n oplossing bied om die negatiewe impakte van ekstreme weersomstandighede op reeds weerbare insekpopulasies te neutraliseer.

Dit is die gevolgtrekking van 'n oorsigartikel wat onlangs in Nature Reviews Biodiversity gepubliseer is. Die artikel, met die titel “Effects of microclimate variation on insect persistence under global change", is deur 'n interdissiplinêre span van wetenskaplikes vanuit Suid-Afrika, Kanada, Taiwan, Switserland en die Verenigde Koninkryk geskryf.

Mikroklimate, ook bekend as mikroskuilplekke, manifesteer op verskillende maniere, afhangende van die tipe van insek of die tipe habitat. In 'n stedelike omgewing kan dit 'n skaduryke en klammerige plekkies wees met verskillende topografie? wat insekte teen ho? temperature beskerm. In die re?nwoude van die Amasone, kan dit die hele kruin van die woud wees.

Maar sonder 'n beter begrip van hoe insekte, baie van hulle met komplekse lewensiklusse, van mikroklimate gebruik maak om in 'n veranderende klimaat te oorleef of aan te pas, mag selfs ons beste klimaatmodelle steeds verkeerd wees.

Vir prof John Terblanche, 'n evolusionêre fisioloog in die US se Departement van Bewaringsekologie en Entomologie en 'n mede-outeur van die artikel, is huidige makroklimaatsmodelle nie daartoe in staat om impakte op insekpopulasies te voorspel nie.

“Grondvlak waarnemings is noodsaaklik om toetsbare voorspellings te genereer," verduidelik hy. Indien ons byvoorbeeld waarneem dat daar tussen twee en drie-uur in die middag geen bye buite is, besig om vir kos te soek nie, kan hierdie inligting gebruik word om die geldigheid van die groter klimaatmodelle te bevestig. “Ons kan toetsbare modelle skep wat nie honderde ure van waarneming verg nie," voeg hy by.

Hierdie fynskaal modelle se voorspellings is dikwels meer akkuraat as die groter makroskaal modelle. Dit is omdat die groter modelle nie betekenisvolle variasies in klimaatstoestande, wat die insekgedrag direk be?nvloed, kan verreken nie. Die fyner skaal data word tipies as 'n gemiddelde bereken of selfs nie eens in ag geneem nie (soos byvoorbeeld waar insekte onder 'n blaar in die kruin van 'n boom leef).

Volgens Terblanche moet ons meer strategies wees en ho? resolusie data op fyner skaal verreken ten einde kragtiger voorspellingsmodelle te ontwikkel. Sodanige modelle kan byvoorbeeld ook in landbou gebruik word om ons insekpes beheerstrategie? te verbeter.

Dr Wendy Foden, navorsingsbestuurder by SANParke en verbonde aan die US se Skool vir Klimaatstudies, sê hulle is reeds besig om die konsep van mikroklimate te implimenteer om kwesbare diere te beskerm. In die Tankwa Karoo, byvoorbeeld, waar somer temperature dikwels bo 40 tot 50 grade Celsius styg, het SANParke saam met die World Wildlife Fund en die Universiteit van Kaapstad se FitzPatrick Instituut vir Afrika Ornitologie gewerk om die impak van ho? temperature op vo?l spesies te verminder deur houtskerms by watergate op te rig. Soortgelyke strategie? vir die skep van mikroklimate is in Suid-Afrika ontwikkel om pikkewyne by Simonstad en die Suidelike geelbekneushoringvo?l in die Kalahari te beskerm.

“Op 'n soortgelyk manier sal 'n beter begrip van die wêreld van insekte op 'n mikroskaal ons help om hulle beter te bestuur op die makroskaal in die geval van byvoorbeeld 'n langdurige hittegolf. Oor die langtermyn kan ons ook kunsmatige mikrohabitatte as stapklippe regoor 'n landskap skep ten einde spesies te help om geleidelik na 'n meer gepaste klimaat te beweeg," verduidelik sy.

Terwyl dit steeds moeilik is om te voorspel hoe insekte op 'n veranderende klimaat gaan reageer, is dit vir nou belangrik om 'n reeks van komplekse landskappe te skep wat met mekaar verbind kan word, met vele geleenthede in elke hoekie en gaatjie vir insekte om te kan wegkruip en die hitte te oorleef.

“Deur mikroklimate te bestuur, kan ons 'n balans handhaaf tussen uitwissing versus kolonalisering en sodoende die globale uitwissing van insekspesies as gevolg van klimaatsverandering vertraag," skryf hulle in die slot van die artikel.

Die sleutelwoord hier is egter “vertraag": “Indien ons sake soos gewoonlik bedryf, kan tot 'n derde van die aarde se spesies daaronder ly. Nuwe bewaringspraktyke moet 'n prioriteit wees. Die toekoms van die wêreld se mees diverse klas van spesies, and potensie?l die onvervangbare dienste en funksies wat hulle verrig, hang daarvan af," sluit hulle af.

Op die foto's bo: Hierdie vlieg (Pheilolece sp.) is 'n belangrike bestuiwer van endemiese blomme in Suid-Afrika, en die inheemse liewenheersbesie Cheilomenes lunata speel 'n belangrike role in die natuurlike voedselweb en word beskerm teen die impak van klimaatsverandering deur die gebruik van diverse mikroclimaatstoestande in hul natuurlike habitat. Die impakte van klimaatsverandering en landskapsverandering bedreig hierdie inheemse insekpopulasies. Foto's deur S. Clusella-Trullas


Page Image:
Author: Media (School for Climate Studies)
Media Release: Yes
Visibly Featured: AgriSciences Carousel; Botanical Garden Carousel; Science Carousel; Botany & Zoology Carousel; SU Main Carousel
Published Date: 8/4/2025
Visibly Featured Approved: Botany & Zoology Carousel;Science Carousel;SU Main Snippet;
Enterprise Keywords: climate change; Insect Conservation; conservation
GUID Original Article: 1B63107F-B1CB-43C2-BCBC-AE2D3B9F1EF5
Is Highlight: No
Staff Only: No
Opsomming: Mikroklimate – in teenstelling met grootskaalse makro klimaatsmodelle op streeks- of selfs globale vlak – kan 'n oplossing bied om die negatiewe impakte van ekstreme weersomstandighede op reeds weerbare insekpopulasies te neutraliseer.
Summary: Microclimates – as opposed to large-scale regional or even global scale macroclimate models – may hold the key to offsetting the negative impacts of extreme weather events on already vulnerable insect populations.
The article is now complete, begin the approval process: No
Article Workflow Status: Article incomplete
]]>
System Account Mon, 04 Aug 2025 14:38:03 GMT /afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=11380
Studente-inisiatief pak voedselonsekerheid op Tygerberg-kampus aan_中国体育彩票 /afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=11368 Page Content:

'n Toegewyde groep studentevrywilligers maak 'n tasbare verskil in die lewens van hul eweknie? deur die Tygerberg Pantry-projek (TPP), 'n noodondersteuningsinisiatief wat voedselonsekerheid onder studente by die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe (FGGW) aanspreek.

Die TPP, wat in 2015 gestig is deur 'n student wat voedselonsekerheid op kampus eerstehands aanskou het, het 'n betroubare ondersteuningstelsel geword wat geheel en al deur studentevrywilligers bestuur word. Die projek oorbrug kritieke gapings wat deur befondsingstekorte gelaat word en bied 'n reddingsboei aan studente wat sukkel om kop bo water te hou.

“Die TPP poog om 'n kultuur van volhoubaarheid by die FGGW te kweek deur die deel, uitruil en anonieme gebruik van nie-bederfbare voedselprodukte, sowel as noodsaaklike sanitêre produkte. Hierdie inisiatief is gegrond op ? vaste verbintenis dat geen student benadeel moet word in hul strewe na akademiese sukses of in hul strewe om by te dra tot en leiding te neem in die Suid-Afrikaanse gesondheidsorg- en welstandsektor as gevolg van voedselonsekerheid nie. Die projek het ten doel om 'n deernisvolle en inklusiewe akademiese omgewing te bevorder waar studente bemagtig word om mekaar te ondersteun om aan basiese behoeftes met waardigheid en respek te voldoen," sê prof Regan Solomons, tesourier en hoofskenker van die TPP.

“Vir baie studente dek beurse net die basiese beginsels – klasgeld en noodsaaklikhede – maar onverwagte koste ontstaan steeds en voedselonsekerheid is 'n realiteit vir baie studente. Die TPP bied 'n veiligheidsnet wanneer tye moeilik raak. Studente is veral kwesbaar voordat NSFAS-beurse aan die begin van die akademiese jaar uitbetaal word," verduidelik Shannon Swanepoel, vyfdejaar mediese student en TPP-voorsitter.

Die TPP is ? geregistreeerde NRO en die huidige komitee van sewe lede funksioneer onafhanklik, maar werk nou saam met die Tygerberg Studenteraad en die komitees van die Sosiale Impak Huis oor koshuise heen. "Oor die algemeen sal ons die laaste uitweg wees wanneer 'n student nie kos het aan die einde van die maand nie en hulle al die geld wat hulle uit 'n beurs gekry het, opgebruik het," merk Swanepoel op.

Die projek se benadering prioritiseer waardigheid en diskresie. Studente dien anonieme versoeke in deur Microsoft Teams-vorms en spesifiseer presies wat hulle benodig – van geblikte tuna tot onderarmsproei. Die koshuise se sosiale impak komiteelede lewer dan items anoniem aan ontvangers af.

"Ons word baie goed ondersteun deur die personeel by Tygerberg, waarvoor ek so dankbaar is," sê Swanepoel. Die projek werk geheel en al op skenkings, hoofsaaklik van FGGW-personeel en -studente. Elke twee maande plaas die komitee grootmaatbestellings vir nie-bederfbare items, insluitend prote?ene, groente, stysels en toiletware, en deel dit volgens die koshuise se behoefte.

Dr Therese Fish, Visedekaan: Kliniese Dienste en Sosiale Impak by die FGGW, beklemtoon die noodsaaklike rol van die projek: "Voedselonsekerheid bly 'n beduidende uitdaging wat studentesukses en welstand op ons kampus be?nvloed. Die TPP-komitee se toewyding en deernisvolle benadering tot die ondersteuning van hul medestudente is 'n voorbeeld van die waardes waarna ons streef: diens, empatie en gemeenskapsorg. Hul werk verseker dat geen student hoef te kies tussen akademiese sukses en basiese noodsaaklikhede nie."

Die TPP is ook besig om ondersteuningsmeganismes vir studente op landelike rotasies te ontwikkel, weens die unieke uitdagings waarmee gesondheidswetenskapstudente in afgele? gebiede te kampe het. "Studente word vir 'n geruime tyd in landelike gebiede geplaas en ons beplan om pakkies vir hulle saam te stel," verduidelik Swanepoel. Hierdie studente het dikwels nie toegang tot kruidenierswinkels nie en ry dalk ure om winkels te bereik.

Die inisiatief verskaf ook koepons vir die kampus OK kruidenierswinkel deur die universiteit se maatskaplike werker, mev Sinazo Nyembezi, veral ter ondersteuning van NSFAS-studente gedurende die uitdagende tydperk voordat beursuitbetalings aan die begin van die jaar arriveer.

Terwyl TPP noodsaaklike noodhulp bied, beklemtoon die komitee die tydelike aard daarvan. Studente wat voortgesette ondersteuning benodig, word aangemoedig om die universiteit se maatskaplike werker te kontak by support@sun.ac.za vir volhoubare langtermynoplossings.

Hoe om te help

Die TPP maak geheel en al staat op gemeenskapsondersteuning om sy noodsaaklike werk voort te sit. Diegene wat wil bydra, kan monetêre skenkings maak – met belastingaftrekbare kwitansies beskikbaar deur die projek se NRO-status – of nie-bederfbare voedsel en toiletware skenk. Essensi?le items sluit in soos geblikte tuna en bone, rys, pasta, toiletware en higi?neprodukte.

Vir skenkingsnavrae, kontak die TPP per e-pos by supportus@sun.ac.za?, of volg hul sosiale media-bladsye vir bankbesonderhede en opdaterings oor huidige behoeftes.

TPP Facebook-blad
TPP Instagram-blad

Bankbesonderhede vir monetêre skenkings:
Bank: Standard Bank
Rekeningnaam: Universiteit Stellenbosch
Rekeningnommer: 073006955
Verwysing: KP R5232

Page Image:
Author: FMHS Marketing & Communications
Media Release: No
Visibly Featured: Medicine and Health Sciences Carousel; Alumni Carousel; SU Main Carousel
Published Date: 7/29/2025
Visibly Featured Approved: Medicine and Health Sciences Carousel;SU Main Snippet;
GUID Original Article: 7209336B-FD92-4566-9853-DF1C94E407EA
Is Highlight: No
Staff Only: No
Opsomming: ’n Toegewyde groep studentevrywilligers maak ’n tasbare verskil in die lewens van hul eweknie? deur die Tygerberg Pantry-projek, ’n noodondersteuningsinisiatief wat voedselonsekerheid onder studente by die FGGW aanspreek.
Summary: A dedicated group of student volunteers is making a tangible difference in the lives of their peers through the Tygerberg Pantry Project (TPP), an emergency support initiative addressing food insecurity among FMHS students.
The article is now complete, begin the approval process: No
Article Workflow Status: Article incomplete
]]>
System Account Tue, 29 Jul 2025 10:29:17 GMT /afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=11368
Viering van Vroue: “Ons kan, danksy hulle”_中国体育彩票 /afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=11382 Page Content:

Hierdie Vrouemaand vier die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe (FGGW) aan die Universiteit Stellenbosch die briljante, dapper en deernisvolle vroue wat meer as die halfte van ons wêreldklas-fakulteit uitmaak. Van ons grensverskuiwende dekaan, prof Elmi Muller, en die gedugte vroulike leiers in ons Bestuurspan, tot ons uitsonderlike akademiese personeel en die onbesonge "heldinne" in administrasie wat alles aan die gang hou – ons sien julle, ons salueer julle, ons waardeer julle.

Hierdie merkwaardige vroue verpersoonlik uitnemendheid in elke hoek en draai van ons fakulteit, dryf innovasie in navorsing, transformeer gesondheidsonderwys en lewer wêreldklas-diens. Deur hierdie artikelreeks plaas ons die kollig op hul diverse bydraes en vier ons hulle toewyding, kundigheid en leierskap wat die FGGW as 'n toonaangewende instelling in geneeskunde- en gesondheidswetenskappe-onderwys en -navorsing verhef.

 

Dannielle Kenny se reis van student tot wetenskapkommunikasieleier

Ons begin ons veldtog deur die kollig te vestig op me Dannielle Kenny, Wetenskapkommunikasiebestuurder vir die Afdelings Immunologie en Molekulêre Biologie en Mens-genetika, en die Suid-Afrikaanse Mediese Navorsingsraad se Sentrum vir Tuberkulose-navorsing. In hierdie rol oorbrug sy die gaping tussen die wetenskaplike gemeenskap en die publiek, smee sy betekenisvolle bande en bevorder die maatskaplike relevansie van biomediese navorsing.

Dannielle se pad na wetenskapkommunikasie het toevallig begin tydens haar Meestersgraadstudies in biomediese wetenskappe. Sy is bekendgestel aan openbare wetenskapsbetrokkenheid deur “TB under the Spotlight", 'n gemeenskapsbetrokkenheidsinisiatief wat daarop gemik was om leerders in omgewings met 'n ho? TB-las oor die siekte op te voed. Dannielle het saam met haar beste vriendin en medestudent, dr Carly Young-Bailie, die TB-navorsingsuitstalling gelei en interaktiewe inhoud ontwerp wat wetenskaplike navorsing “uit die laboratorium" en in die openbare sfeer gebring het.

“Hierdie projek het getoon dat 'n kombinasie van praktiese interaksie en kreatiewe kommunikasiemetodes 'n ruimte kan bevorder waarin wetenskaplike navorsing 'uit die laboratorium' en in die publieke terrein gebring word," sê Dannielle. Sy merk op dat hierdie ervaring haar belangstelling in wetenskapsbetrokkenheid aangewakker het, “alhoewel ek dit nie destyds besef het nie."

Aangemoedig deur haar mentor, dr Taime Sylvester, het Dannielle begin voorspraak maak vir toegewyde wetenskapkommunikasiehulpbronne binne haar navorsingsomgewing. Haar volharding het vrugte afgewerp toe die bestuur die waarde van wetenskapsbetrokkenheid raakgesien het en die pos van Kommunikasie- en Bemarkingsbeampte in Desember 2018 geskep het.

“Sedert my aanstelling was ek instrumenteel in die vorming en uitbreiding van hierdie pos om meer eksplisiet op wetenskapkommunikasie en openbare betrokkenheid te fokus," verduidelik Dannielle. Haar rol het ontwikkel deur ervaringsgroei en haar toewyding daartoe om wetenskapsbetrokkenheid as 'n professionele veld te bevorder.

Wat Dannielle die meeste van haar werk geniet, is die veelsydige aard daarvan: “Eerstens is om te sien hoe 'n idee, konsep of voorstel van 'n abstrakte gedagte in 'n tasbare projek met meetbare uitsette en uitkomste verander. Die tweede is om met projekvennote te skakel om kennis, geleefde ervarings, perspektiewe en verwagtinge uit te ruil wat help om impakvolle projekte in te lig, te vorm en te implementeer."

Haar toewyding aan die veld het haar onlangs as 'n genoot vir die gesogte Duits-Suid-Afrikaanse Openbare Betrokkenheidsuitruiling (PEX) 2024/2025-kohort gekies. Hierdie unieke genootskapsprogram bevorder leierskap en innovasie in openbare betrokkenheid, verbind Dannielle met wêreldwye eweknie? en denkleiers terwyl dit haar as 'n ambassadeur vir betrokke navorsing posisioneer.

“Ek beskou my deelname aan hierdie program as een van my trotsste prestasies en 'n bron van erkenning van my eweknie? en leiers in die openbare betrokkenheidsruimte," sê sy.

Dannielle beskou egter haar grootste prestasie as persoonlik eerder as professioneel: “die ongelooflike gemeenskap van mense, van my ouers, man, skoonouers en familie tot medestudente, beste vriende, mentors en adviseurs, wat ek deur my lewe gevorm het en die onvoorwaardelike liefde en ondersteuning wat hulle gee, inspireer en bemoedig my om in my vaardighede, waarde en waarde te glo."

Haar raad aan jong vroue weerspie?l hierdie gemeenskapsgesentreerde filosofie: “Luister na die innerlike en eksterne stemme wat glo jy is bekwaam; wat vir jou sê: jy is slim/dapper/ervare/kreatief/innoverend genoeg om daardie taak/projek/geleentheid/werk aan te pak, want hulle is nie verkeerd nie en sien die waarde wat jy bring – maak seker dat jy ruimte skep vir daardie vrou om te groei, te floreer en te blom."

Dannielle put inspirasie uit 'n uitgebreide netwerk van vroue wat die weg gebaan het vir haar generasie. “Hierdie vroue het te?spoed, onmoontlike sosiale standaarde, ? enorme werksladings, onrealistiese verwagtinge, stereotipes en diskriminasie in die gesig gestaar, maar het elke geleentheid met grasie, nederigheid en deursettingsvermo? suksesvol aangepak," sê sy. “Ek beny hoe hulle hulself gedra en met die grootste respek, deernis, selfvertroue en egtheid met ander omgaan, en ek is verstom deur hul prestasies en aspirasies."

Hierdie inspirerende netwerk sluit in haar moeder Cheryle Moore, oorlede ouma Wendy Waller, skoonmoeder Gail Kenny, stiefma Sonja Moore, skoonsusters Savanah Giessler en Nora Kenny, beste vriende Carly Young-Bailie, Ayanda Shabangu, Kim Wayne, Shelby Engelbrecht en Michaela Boshoff, kollegas Tracey Jooste, Sinazo Bali, Alyce Kapisa, Mbali Mkhonza, Caitlyne McMurchie, Tehillah Maluleke, Sedzani Ndou, Leka Mhlophe,  Michaela O'Hare, Catherine Lohrentz, Robyn Lategan, Emilyn Costa Concei??o, Margaret Nolan, Denise Scholtz, Leigh Kotze, Gabriela Carolus en Stephanie Okeyo, en haar mentors dr Taime Sylvester, dr Caroline Beltran, dr Rouxjeane Venter, me Julia Moore, dr Natalie. Leibrandt-Loxton, prof Liezel Smith, me Liesel Muller, prof Marina Joubert, prof Rene English, prof Lynn Hendricks, prof Susan van Schalkwyk, prof Marlo M?ller, dr Therese Fish, prof Maryna van de Venter en prof Carminita Frost. Soos Dannielle dit stel: “Ons kan, danksy hulle".



Page Image:
Author: FMHS Marketing & Communications
Media Release: No
Visibly Featured: Alumni Carousel; Medicine and Health Sciences Carousel; MBHG Carousel; SU Main Carousel
Published Date: 8/6/2025
Visibly Featured Approved: Alumni Carousel;
GUID Original Article: DCB7C13F-C69E-4E60-A473-AF950BD8F2AB
Is Highlight: No
Staff Only: No
Opsomming: Hierdie Vrouemaand vier die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe (FGGW) aan die Universiteit Stellenbosch die briljante, dapper en deernisvolle vroue wat meer as die halfte van ons wêreldklas-fakulteit uitmaak.
Summary: This Women's Month, the Faculty of Medicine and Health Sciences (FMHS) at Stellenbosch 中国体育彩票 celebrates the brilliant, brave, and compassionate women who comprise well over half of our world-class faculty.
The article is now complete, begin the approval process: No
Article Workflow Status: Article incomplete
]]>
System Account Wed, 06 Aug 2025 08:20:07 GMT /afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=11382
Projek gee ? stem aan kinders met kommunikasiebehoeftes_中国体育彩票 /afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=11366 Page Content:

Lede van die Afdeling Spraak-Taal- en Gehoorterapie aan die Universiteit Stellenbosch se Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe het 'n projek voltooi om Afrikaanse kinders met gespesialiseerde kommunikasiebehoeftes te ondersteun.

Spraak-Taal- en Gehoorterapie-dosente Monique Visser en Prof Juan Bornman het saam met Tobii Dynavox, 'n internasionale leier in kommunikasie-oplossings vir mense met gestremdhede, 'n reeks aanvullende en alternatiewe kommunikasiesimbole spesifiek vir Afrikaanse kinders vertaal en aanpas.

“Hierdie projek ondersteun die fundamentele reg van elke kind en volwassene om hul eie stem te hê, ongeag hul vermo? om te praat," verduidelik Visser. “Daar is ongeveer 7 miljoen Afrikaanse eerstetaalsprekers in Suid-Afrika, waarvan ongeveer 35 000 aanvullende en alternatiewe kommunikasie (AAK) benodig om effektief te kommunikeer."

Die simboolreeks is ontwerp om aan te pas by gebruikers se ontwikkelende kommunikasiebehoeftes en stel terapeute in staat om geteikende doelwitte vir kli?nte te stel. Kinders en volwasse AAK-gebruikers, onderwysers, terapeute, gesinslede en ondersteuningspersoneel trek almal voordeel uit hierdie kultureel aangepaste simboolreeks, aangesien die simbole maklik verstaanbaar en kultureel relevant is. “Wanneer simbole verband hou met gebruikers se alledaagse realiteite – byvoorbeeld, om 'Tafelberg' of 'Rand' te sien in plaas van onbekende internasionale items – vergemaklik dit nie net kommunikasie nie, dit word meer betekenisvol en nuttig in die plaaslike konteks," verduidelik Visser.

Die span het ook 'n sistematiese benadering ontwikkel wat dien as 'n riglyn vir die vertaling en aanpassing van soortgelyke simboolstelle in enige ander taal. “Terwyl dit in hierdie geval op Afrikaans toegepas is, is die proses en insigte wat gegenereer word ook relevant vir ander Suid-Afrikaanse tale, soos isiXhosa en Sepedi, of selfs internasionale tale wat soortgelyke uitdagings rakende toegang en kulturele relevansie in die gesig staar," sê Visser. “Dit bied ook nagraadse studente die geleentheid om betrokke te raak by studies wat fokus op vertalings, sowel as voortgesette werk aan die sosiale validering van die Afrikaanse simboolstel."

Die projek verteenwoordig meer as net 'n vertaling—dit is 'n strategiese stap in die rigting van billike toegang tot kommunikasie vir alle mense, ongeag hul taal, kultuur of vermo? om te praat.

“Die projek stem ooreen met die Universiteit Stellenbosch se waardes van uitnemendheid, empatie, verantwoordelikheid, respek en innovasie, en spreek 'n werklike behoefte in die Suid-Afrikaanse konteks aan," sê Visser. “Dit erken die universiteit se verantwoordelikheid om sy kennis en tegnologie toe te pas op maniere wat 'n positiewe impak op die samelewing het. Deur hierdie kommunikasiehulpmiddels meer toeganklik te maak, neem ons 'n belangrike stap in die rigting van billikheid vir mense met taalgestremdhede."


Onderskrif: Prof Juan Bornman en Monique Visser.

Page Image:
Author: FMHS Marketing & Communications
Media Release: No
Visibly Featured: Medicine and Health Sciences Snippet
Published Date: 7/28/2025
Visibly Featured Approved: Medicine and Health Sciences Snippet;
GUID Original Article: EDEA8FE3-063B-4468-BD68-A71FC1E691D7
Is Highlight: No
Staff Only: No
Opsomming: Lede van die Afdeling Spraak-Taal- en Gehoorterapie aan die Universiteit Stellenbosch se Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe het 'n projek voltooi om Afrikaanse kinders met gespesialiseerde kommunikasiebehoeftes te ondersteun.
Summary: Members of the Division of Speech-Language and Hearing Therapy at Stellenbosch 中国体育彩票’s Faculty of Medicine and Health Sciences have completed a project to support Afrikaans children with specialised communication needs.
The article is now complete, begin the approval process: No
Article Workflow Status: Article incomplete
]]>
System Account Mon, 28 Jul 2025 14:01:48 GMT /afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=11366
US gee erkenning aan onderwysuitnemendheid by toekenningsaand_中国体育彩票 /afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=11370 Page Content:

?Die Stellenbosse Instituut vir Gevorderde Navorsing (STIAS) is onlangs met akademiese trots gevul toe die Universiteit Stellenbosch (US) die jaarlikse Viering van Uitnemendheid in Onderrig-Leer-Assessering-geleentheid aangebied het. Dié feestelike geleentheid het opvoeders, institusionele leiers en akademici byeengebring om die toegewyde individue te vereer wat leer en onderrig aan die US en aanhou transformeer.

Prof Lis Lange, waarnemende Senior Direkteur: Leer- en Onderrigverryking, het die geleentheid geopen deur gaste te verwelkom en het die belangrikheid benadruk van vennootskappe tussen fakulteite en die afdeling wat sy lei. Sy het prof Deresh Ramjugernath, die hoofspreker en die US se Rektor en Visekanselier, aan die woord gestel, wat die noodsaaklike rol van leer, onderrig en assessering in die bereiking van die Universiteit se Visie 2040 beklemtoon het.

“Ons is op ? transformasiereis," het Ramjugernath gesê. “Ons kurrikulum, programme, metodologie? en pedagogie? moet relevant en in pas met die tye wees, maar wat veral belangrik is, is dat dit die soort gegradueerdes sal oplewer wat die wêreld vandag en in die toekoms nodig het."

Hy het die ontvangers geprys vir hulle kreatiwiteit, akademieskap en onwrikbare toewyding tot inklusiewe, transformerende onderwys. “Julle pogings gaan nie bloot oor die oordrag van kennis nie," het hy aan die gehoor gesê. “Dit gaan oor die vorming van mense se toekoms. Dit is wat julle as akademici in hierdie instelling doen. Julle vorm mense se toekoms deur vertroue te bou en te verseker dat ons studente akademies én persoonlik floreer," het Ramjugernath gesê.

Hy het ook die belangrikheid van die US se Onderriggenote en die genote van die nasionale Genootskapsprogram vir Onderrigbevordering op Universiteit (TAU) bevestig. “Hulle is vaandeldraers ... en herinner ons daaraan dat onderrig nie ? statiese vaardigheid is nie. Dit is ? immer ontwikkelende praktyk wat deur nuuskierigheid, kritiese vraagstelling en ? toewyding tot uitnemendheid voortgedryf word."

Ná sy toespraak het die viering van die ontvangers van gesogte onderrigtoekennings en -genootskappe begin. Hulle is deur dr Nicoline Herman, Direkteur van die Sentrum vir Onderrig en Leer, bekend gestel.

Die eerste groep wat gevier is, was die ontvangers van die Onderrig-Leer-Assessering-toekennings vir 2024: Dr Sophia Brink, Munira Hoosain, dr Ruenda Loots, dr Marietjie Lutz, dr Rhoda Meyer en prof Lungiswa Nkonki. Elkeen van hulle het met behulp van ? videomontage insig in hulle onderrigfilosofie? gebied – met die klem op reflektiewe praktyk, inklusiwiteit en innovasie.

Daarna is erkenning verleen aan twee akademici wat onlangs US-onderriggenootskappe voltooi het: profs Deborah Blaine en Taryn Bernard. Hierdie genootskappe ondersteun deurtastende navorsingsprojekte wat ? impak op onderrig, leer en assessering aan die Universiteit en nasionaal het. Die huidige bekle?rs van die US-onderriggenootskappe is dr Marnel Mouton, prof Nicola Plastow, dr Mari?tte Volschenk, Sybil Smit, prof Debra Shephard en dr Rhoda Meyer.

Erkenning is voorts verleen aan die SU se TAU-genote, wat deel van die nasionale Universiteitskapasiteitsontwikkelingsprogram uitmaak. Die huidige genote, proff Elize Archer en Shantal Windvogel, is gehuldig en twee nuwe genote, proff Bronwyne Coetzee en Simone Titus-Dawson, is verwelkom.

In die nasionale kategorie is twee SU-akademici vir hulle impak vereer: prof Faadiel Essop, wat ? 2024- TAU-genoottoekenning vir sy werk in meertalige mediese onderwys en die uitdaging van wetenskaplike elitisme ontvang het; asook prof Nicola Plastow, wat ? eervolle vermelding by die 2024- Nasionale Universiteitsonderrigtoekennings (NUTA) ontvang het.

Faadiel, wat nie self by die geleentheid kon wees nie, het in 'n video-boodskap gesê dat dit 'n “groot eer en voorreg" is om met die TAU Fellows-toekenning erken te word. Hy het besin oor sy reis van mediese navorser tot onderrig-kenner. As pedagoog beklemtoon hy kritiese bewussyn, menslike potensiaal en kurrikulêre transformasie. Hy is 'n voorstander van interdissiplinêre leer, storievertelling in die klaskamer en 'n meer kontekstueel gegronde benadering tot mediese onderwys. “Waar daar 'n wil is, is daar 'n weg," het hy gesê terwyl hy 'n beroep gedoen het tot dieper besinning, kreatiwiteit en 'n mens-geori?nteerde pedagogie gewortel in geregtigheid, nuuskierigheid en deernis.

Plastow, medeprofessor in arbeidsterapie en ? vorige ontvanger van ? Onderriggenootskap én ? Uitnemende Onderrigtoekenning van die US, het ? diep persoonlike en belangwekkende toespraak gelewer. Langs haar was ? lappieskombers wat sy vir haar dogter gemaak het en sy het die kuns van kwiltwerk met die akademiese reis vergelyk.

“Wanneer ons die stukke van akademikus-wees doelbewus aanmekaarwerk, word ? produk gelewer wat meer is as die som van sy dele," het sy verduidelik. Plastow het oor onderrig, navorsing, gemeenskapswerk en ouerskap gepraat en veral besin oor haar passie vir maatskaplike deelname en beroepsgeregtigheid. Een van haar mees aangrypende voorbeelde het toesig oor ? PhD-student van Gasa behels.

“Die akademiese lewe is ? projek van nalatenskap; dit duur voort ná ons tyd hier," het Plastow opgemerk. “Dit is regtig belangrik dat ons erken dat die werk wat ons doen ? onuitwisbare merk gaan laat op die studente met wie ons werk," het sy afgesluit.

Akademiese personeellede wat verskillende kortkursusse voltooi het, is ook by die geleentheid vereer, asook die ontvangers vroe?r vanjaar van die ROCTAS-toekennings (wat erkenning aan dosente se bydrae tot studentesukses verleen).

Die aand is afgesluit met ? diepsinnige toespraak deur prof Richard Stevens, waarnemende Viserektor: Leer en Onderrig. Hy het die kompleksiteit van hedendaagse studente en die morele en pedagogiese imperatief om hulle as individue te erken in o?nskou geneem.

Deur aan po?sie en letterkunde te ontleen, het Stevens die US aangespoor om verder as rigiede akademiese strukture te beweeg. “Ons moet akademiese vernuwing definieer en dit betekenisvol in gebruik neem – deur te kyk hoe ons programme veranderende kennisbasisse, globale tendense en die behoeftes van die samelewing weerspie?l," het hy gesê. Hy het benadruk dat kurrikulumvernuwing meer as die voldoening aan administratiewe vereistes moet behels; dit moet holisties en geko?rdineerd wees en op studentesukses fokus. “Ons uitdaging is om bemagtigende omgewings binne fakulteite te bied sodat akademiese vernuwing ? sukses en ? voortgesette proses is," het Stevens gesê.

? Profiele van sommige van die akademici wat by die geleentheid erken is, sal as deel van die US se Vrouemaand-dekking op die US-webwerf verskyn. Hou die webwerf dop vir hulle stories.

Volledige lys van toekennings by die viering van uitnemendheid in Onderrig-Leer-Assessering-geleentheid:

US-ontvangers van 2024- TLA-toekennings

Naam en vanFakulteit
Dr Rhoda MeyerFGGW
Me Sophia BrinkEBW
Dr Ruenda LootsEBW
Dr Marietjie LutzNATUURWETENSKAPPE
Prof Lungiswa NkonkiFGGW
Me Munira HoosainFGGW

 

US-onderriggenote

Voltooide genootskappe?
Prof Elize ArcherFGGW
Prof Elmarie CostandiusLETTERE
Dr Berna GerberFGGW
Prof Ian NellTEOL
Prof Nicola PlastowFGGW
Prof Geo QuinotREGSGELEERDHEID
Prof Ingrid RewitzkyWETENSKAP
Prof Marianne UngerFGGW
Prof Marianne McKayAGRIWETENSKAPPE
Prof Dennis FrancisLETTERE
Prof Gretha SteenkampEBW
Prof Susan van SchalkwykFGGW
Prof Taryn BernardLETTERE
Prof Debby BlaineING

 

Bekle?r van ? genootskap?
Dr Marnel MoutonNATUURWET
Prof Nicola Plastow FGGW
Dr Mariette VolschenkFGGW
Me Sybil SmitEBW
Prof Debra ShepherdEBW
Dr Rhoda MeyerFGGW

 

TAU-genote by US

Voltooide genootskappe?
Prof Elmarie CostandiusLETTERE
Prof Ian CouperFGGW
Prof Faadiel EssopFGGW
Dr Berna GerberFGGW
Prof Ashraf KageeLETTERE
Dr Marianne McKayAGRI
Prof Ian NellTEOL
Prof Geo QuinotREGSGELEERDHEID
Dr Nathie GuleING
Dr Albert StreverAGRI

 

TAU 5-genootskapbekle?rs?
Prof Elize ArcherFGGW
Dr Shantel WindvogelFGGW
??
TAU 6-genootskapbekle?rs?
Prof Bronwyne CoetzeeLETTERE
Prof Simone Titus-DawsonFGGW

 

TAU-genootskaptoekennings

Prof Faadiel EssopFGGW

 

NUTA-toekennings (eervolle vermelding)

Prof Nicola PlastowFGGW

 

ROCTAS-wenners

Volledige inligting oor die name van wenners wat by die funksie in Mei gevier is, is hier beskikbaar: http://www.sun.ac.za/english/learning-teaching/ctl/t-l-awards-and-grants/roctas

 

Konferensie oor die Akademieskap van Onderrig en Leer: 2024-pryswenners

Mnr Lennox OliverLETTERE
Me Cecile BesterAGRI
Dr Justin LashbrookeAGRI
Dr Manuela CampaAGRI
Me Agatha LebetheOPVOEDKUNDE
Me Telani van der WaltOPVOEDKUNDE

 

Akademieskap van Opvoedkundige Leierskap kortkursus: 2024-deelnemers

Dr Hanelie AdendorffNATUURWET
Prof Stiaan LamprechtEBW
Dr Rhoda Meyer FGGW
Dr Dawid MoutonTEOL
Dr Mareli PretoriusLETTERE
Prof Robbie PottING
Dr Sanjeev RambharoseNATUURWET
Prof Clint RhodeAGRI
Dr Melissa van der Merwe AGRI

 

Akademieskap van Onderrig en Leer-kortkursus: 2024-deelnemers

Me Sophia BrinkEBW
Mnr Regan EvertsEBW
Me Erica GeorgeLANGUAGE CENTRE
Me Petro GerberEBW
Me Agatha LebetheOPVOEDKUNDE
Mnr Jabu LukheleNATUURWET
Dr Esther MuemaAGRI
Dr Trudie SandrockEBW
Me Anria van ZylEBW

 

Assesseringskortkursus: 2024-deelnemers

Me Melissa BothaEBW
Me Rika CilliersEBW
Dr Jamie CripwellING
Dr Katherine de VilliersNATUURWET
Me Fatima HaldayLS
Dr Jerome Joorst OPVOEDKUNDE
Me Kerotse KekanaEBW
Prof Tracy KellermanFGGW
Dr Anisa MahmoudiREGSGELEERDHEID
Dr Esther MuemaAGRI
Dr Regrence MunjonjiAGRI
Dr Ernest MusekwaFGGW
Mnr Tanduxolo NguzaING
Me Estelle OlivierLETTERE
Dr Brendon PearceAGRIWETENSKAPPE
Dr Elzaan RinquestOPVOEDKUNDE
Dr Annel Pieterse RouxLETTERE
Me Ashlene Van der Berg-RossEBW
Mnr Michael WolfAGRIWETENSKAPPE

 

Kortkursus vir die professionele ontwikkeling van akademici in hulle onderrig (Prontak): 2024-deelnemers

Zoe-MaeAdamsEBW
Clayton AlbertArendseFGGW
MichelleBassonKRYGSKUNDE
CecileBesterAGRI
NinaBreytenbachREG
TaliaBurkeING
ManuelaCampaAGRI
Jo-AnnChanKUNSTE
CasperCrousAGRI
TaskeenEbrahimING
DanielaErasmusEBW
NataliaFlores-QuirozING
LizeGoosenEBW
MandlaGwetuING
Josie HemphillREGSGELEERDHEID
StembeleJohnsonTAALSENTRUM
MarcusJoubertLETTERE
Callista KahondeFGGW
JoharaKhanSOL
KarushaKnipeFGGW
JustinLashbrookeAGRI
RynoLaubscherING
AudreyLawrenceKRYGSKUNDE
JodieLayman-LemphaneFGGW
AndrewLoubserING
NeritaMalanEBW
Mudangawe PearlMamathubaLETTERE
MiaMangaroo-PillayING
Keanu MartinAGRI
MeganMatthewsNATUURWET
KathleenMawsonFGGW
MichaelMeyerEBW
ItumelengMoroenyaneNATUURWET
EstherMuemaAGRI
RegrenceMunjonjiAGRI
PriyankaNagarEBW
PrinceNchupangNATUURWET
LungeloNgobeseEBW
JacquesPienaarEBW
GraemePlintKRYGSKUNDE
MeelanRoopaING
JaydeySassTAALSENTRUM
MakoenaSebatjaneING
VinayShekharING
PreciousSimbaOPVOEDKUNDE
ClintSteedING
TerriStellenboomEBW
ThabangTooloEBW
HugoUysREG
Deboravan der MerweAGRI
Renate van Dijk-CoombesLETTERE
Paulivan HeerdenFGGW
Susanvan Zyl-BekkerTAALSENTRUM
PhilipVenterING
ClaudiaVisagieING

 

KI-kortkursus: 2024-deelnemers

Mnr Simon Beauren BIBLIOTEEK
Dr Robyn BerghoffLETTERE
Lt.kol. Dirk BeukesMIL
Dr Clive CoetzeeMIL
Me Faika HarounLS
Prof Tracy KellermanFGGW
Me Jodie LemphaneFGGW
Dr Bianke LoedolffAGRIWETENSKAPPE
Dr Sharon MalanEBW
Mnr Kurt MaraisEBW
Mnr Lennox OliverKUNSTE
Dr Pieter OppermanEBW
Dr Dries PutterMIL
Mnr Hamman SchoonwinkelEBW
Mnr Marno SwartsMIL
Me Lulama TraubAGRI
Mnr Orlando van Schalkwyk EBW
Me Anria van ZylEBW

 

KI- en Sosiaal-verantwoordelike Pedagogie?-kortkursus: 2024-deelnemers

Dr Hanelie AdendorffSOL
Mnr Stephen BurgessEBW
Me Lynn ChambersOPVOEDKUNDE
Dr Jamie CripwellING
Me Selene DelportLANGUAGE CENTRE
Mev Jodie LemphaneFGGW
Me Nosi MatiwaneFVZS
Prof Ian NellTEOLOGIE
Me Luigia NicholasSSVO
Me Zinhle NovaziREGSGELEERDHEID
Me Christine StraussREGSGELEERDHEID
Prof Gretha SteenkampEBW

Page Image:
Author: Corporate Communication and Marketing | Korporatiewe Kommunikasie en Bemarking
Media Release: No
Visibly Featured: SU Main Carousel; Staff Carousel; Centre for Teaching and Learning Carousel; Human Resources Carousel
Published Date: 8/1/2025
Visibly Featured Approved: SU Main Carousel;Staff Carousel; Centre for Teaching and Learning Carousel; Human Resources Carousel;
Enterprise Keywords: Teaching
GUID Original Article: 0E32C7EA-511C-4B97-BF28-F38DDC21BA68
Is Highlight: No
Staff Only: No
Opsomming: SU gee erkenning aan onderwysuitnemendheid by toekenningsaand
Summary: The annual Celebrating Excellence in Teaching-Learning-Assessment event brought together educators, institutional leaders and scholars.
The article is now complete, begin the approval process: No
Article Workflow Status: Article incomplete
]]>
System Account Fri, 01 Aug 2025 08:13:48 GMT /afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=11370
US skitter by 'Wetenskap-Oscars'_中国体育彩票 /afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=11371 Page Content:

?Die Universiteit Stellenbosch (US) het met drie gesogte toekennings weggestap by die jaarlikse Nasionale Wetenskap- en Tegnologieforum (NWTF)/South32-toekennings, ook bekend as Suid-Afrika se 'Wetenskap-Oscars'. Prof Shahida Moosa, prof Yin-Zhe Ma en die Afdeling Innovasie en Kommersialisering is Donderdag, 31 Julie 2025 by 'n toekenningsgeleentheid wat in hibridiese formaat in Johannesburg en Kaapstad gehou is, as wenners in hulle onderskeie kategorie? erken.

?Moosa

Moosa, Hoof van Mediese Genetika by die Tygerberg-hospitaal en professor in Mediese Genetika in die Afdeling Molekulêre Biologie en Mensgenetika, het die NWTF-SAMNR Klinikus-Wetenskaplike-toekenning vir haar baanbrekerswerk in mediese genetika deur middel van die Genomika vir Gesondheid in Afrika-projek verower. Die projek, 'n eerste in sy soort in Afrika suid van die Sahara, veroorsaak 'n revolusie in kliniese genomika en presisiegeneeskunde op die vasteland. Dit het ten doel om diagnoses aan die 100 miljoen Afrikane te verskaf wat met ongediagnoseerde seldsame siektes en oorerflike kankers leef.

Moosa het ook die eerste program vir ongediagnoseerde siektes (UDP) in Afrika suid van die Sahara op die been gebring. Dit is deel van die navorsingsgroep vir seldsamesiektegenomika wat sy lei. Die UDP is lewensveranderend vir pasi?nte en bied unieke geleenthede vir kapasiteitsbou en opleiding vir die volgende generasie genomika-kundiges in Suider-Afrika. Sy het reeds talle ander toekennings ontvang, haar navorsing in geakkrediteerde vaktydskrifte gepubliseer en toesig gehou oor verskeie nagraadse studente.

Moosa het gesê om 'n 'Wetenskap-Oscar' in te palm, veral in die kliniese wetenskaplike-kategorie, beteken vir haar baie.

“Dit is ongelooflik, veral omdat om 'n kliniese wetenskaplike te wees iets is wat nie altyd erken word, nie baie goed ondersteun word nie, en daar is baie min begrip vir wat dit beteken om in beide wêrelde te leef, in die kliniek en in die laboratorium.

“Dit is 'n erkenning van die mense, die kwesbare mense met wie ek werk, wat ek dien, families en pasi?nte met seldsame siektes. Dit is 'n oorwinning vir hulle, want vir die eerste keer erken iemand daar buite dat die werk wat hulle help belangrik is."

Ma

Ma, van die Departement Fisika, het die TW Kambule-NSTF-toekenning: Navorsers ontvang vir sy baanbrekerswerk oor die begrip van die heelal se grootskaalse struktuur, wat tot die opsporing van "ontbrekende barione" (of materie wat nie direk sigbaar is nie) bydra en die weg baan vir opsporingsmetodes wat ondersoek hoe hierdie barione op mekaar inwerk, asook hulle kritieke rol in sterrestelselvorming en -evolusie. Ma, wat aan die hoof staan van die Astrofisika-groep aan die US en die Stellenbosch-Groningen Gesamentlike Navorsingsleerstoel in Rekenaarsterrekunde beklee, het die trajek van navorsing oor vermiste barione gevorm en hom as 'n sleutelfiguur in kosmologie en grootskaalse struktuurstudie geposisioneer. Hy het deur innoverende tegnieke en samewerking ons begrip van barioniese materie in die heelal aansienlik bevorder.

Ma lei Suid-Afrika se deelname aan verskeie internasionale sterrekunde-samewerkings, insluitend die Square Kilometre Array, die MeerKAT-teleskoop en die Legacy Survey of Space and Time by die Vera C Rubin-sterrewag. Hy spog met talle publikasies in eweknie-ge?valueerde vaktydskrifte en tot die Akademie vir Wetenskap van Suid-Afrika en die Royal Society of South Africa is verkies.

Hy het in reaksie op sy jongste toekenning die volgende gesê: “Hierdie toekenning is 'n wonderlike erkenning van my navorsing wat suiwer deur weetgierigheid gedryf word en hoewel ek redelik seker is ek sal nooit munt daaruit slaan nie, sal dit nietemin die mens se ervaring verryk en mense se horisonne verbreed. Die ontdekking van die 'ontbrekende barione' in die heelal bevestig ons vermoede dat ons heelal uit 4,8% atome bestaan – waarvan die meeste uit die middelpunt van donker materie-halo's in kosmiese filamente en leemtes afgestoot is, en weer na die kosmiese ekostelsel terugherwin sal word. Die navorsing wat ek doen, open nuwe maniere om fundamentele fisika met astronomiese data te verbind, en sal nuwe vrae aan die volgende generasies oorlaat."

Innovasie en kommersialisering

Die Afdeling Innovasie en Kommersialisering — bestaande uit die Innovus Tegnologie-oordragkantoor (TTO), die LaunchLab en die Universiteit van Stellenbosch Enterprises — het die Innovasietoekenning: Korporatiewe Organisasie gewen vir die vestiging van meer as 30 nuwe ondernemings, asook vir die medestigting van die eerste waagkapitaalfonds in Afrika wat aan belegging in universiteitstegnologie toegewy is, en die implementering van verskeie nuwe inisiatiewe en instrumente om innovasie en entrepreneurskap te stimuleer. 'n Span toegewyde professionele persone werk daaraan om 'n stewige en funksionele innovasie- en entrepreneurskapsplatform by die US te skep. Hulle identifiseer opwindende navorsingsuitsette, werk saam met navorsingspanne om te verseker dat tegnologie? op markbehoeftes reageer, dien patente in, bied beleggingsgeleenthede aan kommersi?le en nywerheidsvennote en voed afwentelmaatskappye op.

Anita Nel, US se Hoofdirekteur: Innovasie en Kommersialisering, het in reaksie op haar afdeling se nasionale erkenning gesê: “Hierdie toekenning is 'n bewys van die belangrike werk wat by die Afdeling Innovasie en Kommersialisering gedoen word om die Universiteit se navorsingsuitsette te ondersteun en te verseker dat impak, soos dit bedoel is, aan ons samelewing in die algemeen gelewer word. Ek is ongelooflik trots op ons span by die Innovus TTO, die LaunchLab en ons USE-splintermaatskappye — ons is almal baie dankbaar teenoor die NWTF vir hierdie betekenisvolle erkenning."

  • ??Foto: Prof Yin-Zhe Ma, prof Shahida Moosa en Anita Nel saam met prof Sibusiso Moyo, Viserektor: Navorsing, Innovasie en Nagraadse Studies, by die toekenningsgeleentheid.

 



Page Image:
Author: Corporate Communication and Marketing
Media Release: No
Visibly Featured: SU Main Carousel; Science Carousel; Medicine and Health Sciences Carousel; Research Development Carousel
Published Date: 8/4/2025
Visibly Featured Approved: Medicine and Health Sciences Carousel;SU Main Carousel;Staff Carousel;Research Development Carousel;AfricaSU carousel;
GUID Original Article: C6C779A7-1F72-4801-8AAE-240A6519599C
Is Highlight: No
Staff Only: No
Opsomming: Die Universiteit Stellenbosch (US) het met drie gesogte toekennings weggestap by die jaarlikse Nasionale Wetenskap- en Tegnologieforum (NWTF)/South32-toekennings, ook bekend as Suid-Afrika se 'Wetenskap-Oscars'.
Summary: Stellenbosch 中国体育彩票 (SU) took home three prestigious accolades at the annual National Science and Technology Forum (NSTF)/South32 Awards, also known as South Africa’s ‘Science Oscars’.
The article is now complete, begin the approval process: No
Article Workflow Status: Article incomplete
]]>
System Account Mon, 04 Aug 2025 07:28:29 GMT /afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=11371
Geval van breinvliesontsteking by Universiteit Stellenbosch_中国体育彩票 /afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=11381 Page Content:

?Beste kollegas en studente 

Hieronder volg 'n belangringrike Universiteitsverklaring vir julle kennisname:?

Geval van breinvliesontsteking by Universiteit Stellenbosch

Die gesondheid, veiligheid en welstand van alle personeel en studente bly 'n prioriteit vir die Universiteit Stellenbosch. Teen hierdie agtergrond bevestig die Universiteit dat hy ingelig is dat mnr Chris Scheffers, die Matie-student wat die naweek oorlede is, aan meningokokkale meningitis (breinvliesontsteking) gesterf het.

Meningitis is endemies aan die Wes-Kaap, waar dit meer algemeen gedurende die wintermaande sirkuleer. In die meeste gevalle is daar nie 'n duidelik identifiseerbare bron van kontak nie.

Aangesien hierdie stam van breinvliesontsteking in noue kontakomgewings kan versprei en as ernstig beskou word, is die protokolle van die Universiteit se Kampusgesondheidsdiens – gelei deur provinsiale en nasionale gesondheidsbeleide – in werking gestel met die Universiteit wat nou saam met die Wes-Kaapse Regering se Departement Gesondheid en Welstand werk om te verseker dat alle toepaslike protokolle en voorkomende maatre?ls nagekom word.

Gedetailleerde kontakopsporing van mense wat die afgelope tien dae in noue aanraking met Scheffers was, is tans aan die gang sodat chemoprofilakse ('n voorkomende medikasie) binne die volgende 24 uur uitgereik kan word om die risiko van infeksie te verminder. In hierdie verband sal die Kampusgesondheidsdiens oor die volgende 24 uur direk met diegene skakel wat as noue kontakte ge?dentifiseer is. Dit sluit beide studente en personeel in.

Hoewel geen verdere bevestigde gevalle aangemeld is nie, sal die Universiteit voortgaan om die situasie en kontakte oor die volgende paar dae noukeurig te monitor. Indien die noue kontakte kommerwekkende simptome toon nadat hulle die chemoprofilakse ontvang het, word hulle aangeraai om dringend mediese hulp te kry.

In ooreenstemming met protokol word ge?dentifiseerde noue kontakte aangemoedig om slegs lesings by te woon indien hulle asimptomaties is, om maskers in lesingslokale te dra en byeenkomste te vermy (byvoorbeeld om in groepe te sing) en om nie aan kontaksport deel te neem nie.

As 'n voorsorgmaatre?l is alle algemene vergaderings en byeenkomste in Dagbreek tot die naweek uitgestel.

Volgens Kampusgesondheid toon die bakteri?le infeksie aanvanklik griepagtige simptome – hoofpyn, spierpyne, gewrigspyne en fotofobie (oogsensitiwiteit vir lig) – wat dan geleidelik erger word en die volgende insluit: ho? koors, erge hoofpyn, stywe nek, braking, diarree of maagpyn, pynlike gewrigte, koue hande en voete, toevalle en/of slaperigheid wat tot 'n koma kan oorgaan. 'n Rooi of pers uitslag kan ook voorkom wat nie verdwyn wanneer dit gedruk word nie.

Vinnige agteruitgang by 'n gesonde jongmens is ongelukkig nie ongewoon nie. Dit is egter belangrik om te beklemtoon dat die voorkoms van sekondêre gevalle (onder kontakte) oor die algemeen skaars is.

Belangrike inligting: 

  • Kontak die Kampusgesondheidsdiens by 021 808 3493/6 (werksure) en ER24 by 010 205 3032 ná ure.
  • Kontak die Stellenbosch-hospitaal 24/7: 021 808 6100. 
  • Stellenbosch Medi-Clinic: 021 861 2094 (noodgevalle). 
  • Studente wat berading benodig, word aangemoedig om die Universiteit se 24-uur-krisisdiens ná ure by 010 205 3032, of gedurende werksure by 021 808 4994 (Stellenbosch-kampus) en 021 927 7020 (Tygerberg-kampus) te skakel. Studente kan ook 'n e-pos na supportus@sun.ac.za stuur om individuele berading te re?l.

MEER OOR meningokokkale meningitis

Dit is 'n bakteri?le vorm van breinvliesontsteking wat deur die bakterie? Neisseria meningitidis veroorsaak word. Dit is 'n ernstige ontsteking van die breinvlies, die membrane rondom die brein en die rugmurg. Dit kan dodelik wees of langtermyn newe-effekte veroorsaak.

Hierdie toestand kom meer gereeld in die wintermaande voor en word deur bakterie? veroorsaak wat algemeen in die keel en neus van gesonde mense voorkom. Dit is nog onbekend waarom hierdie bakterie? by sommige individue in die bloedstroom en senuweestelsel in beweeg.

Oordrag

Die bakterie? word deur druppels respiratoriese of keelafskeidings van draers van persoon tot persoon oorgedra. Noue en langdurige kontak – soos soen, nies of hoes op iemand, of om in 'n nabye omgewing (soos 'n koshuis, eet- of drinkgerei te deel) met 'n besmette persoon ('n draer) te woon – maak die verspreiding van die siekte moontlik.

Gemiddelde inkubasietydperk is vier dae, maar kan tussen twee en tien dae wissel.?
?

Page Image:
Author: Stellenbosch 中国体育彩票 / Universiteit Stellenbosch
Media Release: No
Visibly Featured: Students Carousel
Published Date: 8/5/2025
Visibly Featured Approved: Students Carousel;
Enterprise Keywords: Statement
GUID Original Article: 88A8E2C3-9369-450E-A5C1-F8E421218DD1
Is Highlight: No
Staff Only: No
Opsomming: Die gesondheid, veiligheid en welstand van alle personeel en studente bly 'n prioriteit vir die Universiteit Stellenbosch. Teen hierdie agtergrond bevestig die Universiteit dat hy ingelig is dat mnr Chris Scheffers, die Matie-student wat die naweek oorled
Summary: The health, safety and well-being of all staff and students remain a priority for Stellenbosch 中国体育彩票. To this background, the 中国体育彩票 confirms that it has been informed that the Matie student who passed away over the weekend, Mr Chris Scheffers, d
The article is now complete, begin the approval process: No
Article Workflow Status: Article incomplete
]]>
System Account Tue, 05 Aug 2025 07:20:31 GMT /afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=11381
Wat 'n winskoop!_中国体育彩票 /afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=11379 Page Content:

Ons het 'n hele paar lekker voordele en kortings vir Maties-alumni in die Globale Noorde beding. Kyk 'n bietjie hier onder, en geniet.

Nuwe SACCUK-vennootskap voordelig vir alumni
Ons kondig graag 'n splinternuwe vennootskap tussen die Universiteit Stellenbosch se Afdeling Ontwikkeling en Alumnibetrekkinge en die Suid-Afrikaanse Kamer van Koophandel in die Verenigde Koninkryk (SACCUK) aan.

Maties-alumni wat as individuele lede by SACCUK aansluit, ontvang nou 'n korting van 20% op hulle ledegeld. Jy sal ook na eksklusiewe gesamentlike geleenthede van die Universiteit Stellenbosch en SACCUK genooi word. Noem bloot dat jy 'n Matie is wanneer jy aansluit – SACCUK sal dit vinnig nagaan, en dan's jy in!

Hierdie strategiese vennootskap met SACCUK gaan egter oor meer as kortings. Dit is deel van die Universiteit se verbintenis om Maties te help floreer lank nadat hulle die son op die Rooiplein ingedrink of 'n vinnige hoenderslaai by die Neelsie gegryp het. Ons ondersteun jou lewenslank, nie net tot gradedag nie.

Die ooreenkoms gaan oor die bou van wêreldwye netwerke wat deure open, idees skep en geleenthede ontsluit. Dit gaan daaroor om Maties op betekenisvolle maniere bymekaar te bring – of jy in Londen sake doen, 'n nuwe onderneming in Johannesburg bou, of nog onder die eike in Victoriastraat dagdroom.

Ons weet dat loopbane vol kinkels en draaie kan wees, en dat die regte kontak op die regte tyd die wêreld se verskil kan maak. Dít is waar alumni-netwerke so waardevol is: Dit bied ondersteuning, mentorskap, en die tipe saamwees wat jy moeilik elders sal kry.

So, of jy nou jou professionele netwerk wil uitbou, jou onderneming na hetsy Suid-Afrika of die Verenigde Koninkryk wil uitbrei, uithalergeleenthede wil bywoon, of dalk net met ander van Mzansi wil gesels – benut hierdie vennootskap ten volle.

  • Vir meer oor SACCUK-lidmaatskap, en om aan te sluit, klik hier. 

Spesiale aanbod van Antons VSA

Maties regoor die VSA, hier's 'n heerlike bederf net vir jou! Antons VSA, gesetel in Texas, bring vir jou al die bekende geure van die huis – en bied 10% afslag op hul volledige reeks biltongprodukte.

Gebruik eenvoudig die afslagkode MATIES wanneer jy aanlyn bestel by biltongusa.com of antonsusa.com.

As jy in die Dallas–Fort Worth-omgewing kom, stap gerus by hul winkel in vir 'n warm glimlag, 'n lekker geselsie en rakke vol eg Suid-Afrikaanse lekkernye: 3814 Highway 287, Sunset, Texas, 76270.

Ondersteun 'n trots Suid-Afrikaanse onderneming in die buiteland – en geniet weer 'n egte stukkie van die huis!

SA Shop bied vet afslag vir Maties in Kanada

Van sneeubedekte Vancouver en bibberkoue Calgary tot besige Toronto – alle Maties in Kanada kan nou die koskas volmaak met 'n paar Suid-Afrikaanse gunstelinge (ja, selfs Mrs Ball's en Ouma-beskuit – ons het seker gemaak!) teen spesiale verlaagde pryse.

Dít is danksy 'n ooreenkoms tussen die Universiteit Stellenbosch se Afdeling Ontwikkeling en Alumnibetrekkinge, en Callie van Graan van The South African Shop in Vancouver. Callie is 'n man op 'n missie wat hom nie deur tariewe óf grense laat stuit om 'n stukkie Suid-Afrika by jou voordeur te laat aflewer nie.

Geniet die volgende, net omdat jy op die Bosch studeer het:

  • 20% af op byna alles op die winkelwebtuiste – gebruik die kode Maties
  • 10% af op hulle klerereeks – gebruik die kode MatiesK
  • 'n Gratis bufferplakker van die Suid-Afrikaanse vlag – gebruik die kode MatiesS 

Nuttige wenk: Jy kan ál drie koepons met een bestelling gebruik, so moenie skaam wees nie – 'add to cart'! 

Aangesien verskepingskoste na sommige dele van Kanada hoog kan wees, laat weet ons asseblief indien jy in kontak is met 'n plaaslike SA Shop in jou provinsie en wil hê dat ons hulle oor moontlike soortgelyke afslag vir Maties nader.

Delheim-wyn teen kelderpryse vir Maties in Duitsland

Delheim-wynlandgoed teen die hange van die Simonsberg naby Stellenbosch het 'n sterk band met Duitsland. Die landgoed is in 1938 deur Duitse immigrant Hans Otto Hoheisen tot stand gebring, en het behoorlik gedy onder die visie van sy neef, Michael “Spatz" Sperling, wat in 1951 uit Duitsland aangeland het. Spatz het later een van Suid-Afrika se groot wynbaanbrekers geword, die Stellenbosch-wynroete help stig, en Suid-Afrikaanse wyne internasionaal bekend gemaak. 

Verskeie lede van die Sperling-familie het oor die jare aan die Universiteit Stellenbosch studeer, wat die noue bande tussen Delheim en ons alma mater versterk het. Deur gesamentlike wingerdbounavorsing, kulturele geleenthede, volhoubaarheidsprojekte en vele meer het Delheim en die Universiteit saam-saam gegroei. 

Danksy hierdie spesiale Matie-band bied Delheim alle Maties in Duitsland nou die geleentheid om hulle wyn teen kelderpryse te koop – 'n groot bederf vergeleke met gewone kleinhandelpryse. Deur van hierdie aanbod gebruik te maak, kry jy nie net die kans om aan topgehaltewyne te teug nie. Jy ondersteun ook Suid-Afrikaanse produsente, vier ons gemeenskaplike Matie-erfenis, en versterk die Universiteit Stellenbosch se wêreldwye alumni-netwerk.

?As jy in Duitsland woon en werk, kry Delheim en geniet die geure van die huis. 

Page Image:
Author: Development & Alumni Relations
Media Release: No
Visibly Featured: Alumni Snippet; Alumni Carousel
Published Date: 8/4/2025
Visibly Featured Approved: Alumni Carousel;Alumni Snippet;
GUID Original Article: C91580E1-1DF5-4FE1-91A3-5BFD861A1648
Is Highlight: No
Staff Only: No
Opsomming: Ons het 'n hele paar lekker voordele en kortings vir Maties-alumni in die Globale Noorde beding. Kyk 'n bietjie hier onder, en geniet.
Summary: We have negotiated some great benefits and discounts for Maties alumni in the Global North.
The article is now complete, begin the approval process: No
Article Workflow Status: Article incomplete
]]>
System Account Mon, 04 Aug 2025 12:47:42 GMT /afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=11379
Maties laat sing die speke van Londen na Brighton vir 'n goeie saak_中国体育彩票 /afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=11378 Page Content:

'n Groep vasberade alumni verruil op 14 September vir die sewende opeenvolgende jaar die stad se sypaadjies vir landelike lanings wanneer hulle die ikoniese Londen-na-Brighton-fietsrit van 89 km aandurf. Maar die span van nege Maties doen dit nie net vir die opwinding van die uitdaging nie – hulle jaag 'n gesamentlike fondswerwingsteiken van ?5 300 na ten bate van akademies begaafde Maties vir wie finansi?le hindernisse dit moeilik maak om hulle studie te voltooi.

Vanjaar se groep, onder leiding van jare lange geesdriftige spankapteins Lani Swart en Tania Mouton, sluit ryers van oor die hele Verenigde Koninkryk en Europa in. Hoewel elke ryer 'n persoonlike verhaal het, het almal dieselfde motivering: om 'n tasbare impak te hê deur tot die Universiteit Stellenbosch se VK-EU-beursfonds en die Stutterheim STEM-beursfonds by te dra. Albei inisiatiewe ontsluit toegang tot die onderwys vir studente wat dalk andersins agtergelaat sal word.

Waarom ry?

Die vooruitsigte vir die jeug in Suid-Afrika is bra somber: Die werkloosheidsyfer bly halstarrig rondom 45% hang, so die kans om skuldvry aan 'n topuniversiteit soos Stellenbosch te gradueer, kan die verskil tussen stagnasie en sukses beteken. Meer as 500 Matie-gegradueerdes verlaat jaarliks die kampus met ongedekte studieskuld, wat hulle toegang tot hulle transkripte én werksgeleenthede verhinder. Die VK-EU-beursfonds is juis geskep om hierdie kringloop te verbreek en studente oor die eindstreep te help.

Neem nou maar vir Monique Moore-Barnes. Die trotse Matie-alumna onthou hoe dit was om gedurende haar studie voor finansi?le onsekerheid te staan te kom. Deesdae beskik sy oor 'n MSc en MBA, en beklee sy 'n leiersrol by 'n internasionale farmaseutiese maatskappy. Om huidige studente te help wat in dieselfde geldelike penarie is as waarin sy destyds was, verruil sy op 14 September haar sitplek in die raadsaal vir 'n fietssaal om ?500 vir die VK-EU-beursfonds in te samel. “As hulle met hulle graadstudie kan deurdruk, kan ek deur hierdie fietsrit kom," sê Monique.

Die krag van teruggee

Elke ryer dra iets uniek tot die span by. Roxine Staats, wat oorspronklik van die Oos-Kaap kom, ry ten bate van die Stutterheim STEM-beursfonds om jong landelike vroue te ondersteun wat daarvan droom om ingenieurs en wetenskaplikes te word. Mederyer Karien Botha het dié fonds help stig as 'n boorling van die Oos-Kaapse dorp Stutterheim en as gevolg van haar begeerte om die gendergaping op die terrein van wetenskap, tegnologie, ingenieurswese en wiskunde ('STEM') te laat krimp.

Cally Ballck-Naudé? het reeds haar oorspronklike teiken van ?300 oorskry en mik nou na ?500. “Onderwys is die grootste gelykmaker," sê sy. “Die fietsrit is 'n klein poging om die speelveld te help gelykmaak."

Robert Watkins pak op sy beurt die rit aan met herinneringe aan die #FeesMustFall-betogings, en met die veerkragtigheid wat sy tyd op Stellenbosch hom geleer het. As ingenieur, werk hy deesdae deur die hele Verenigde Koninkryk en Singapoer. Hy sal aan die fietsrit deelneem om terug te gee aan die universiteit wat hom help vorm het.

Arnold Marambire ry vanjaar die eerste keer saam. Hy wil nie net geld insamel nie, maar wil ook sy portuur aanmoedig om sake na aan hulle hart te ondersteun. “Dít is my klein bydrae, maar saam kan ons 'n groot verskil maak," sê hy.

Kaptein Lani stel 'n uitstekende voorbeeld met 'n persoonlike doel van ?1 000. “Ons kom elke jaar voor die gevreesde Ditchling Beacon te staan – en op die een of ander manier raak ons dit saam baas," lag sy. “Dit herinner 'n mens daaraan dat groot struikelblokke oorkom kan word as ons doelgerig te werk gaan."

Jy kan help – dís hoe

Jou skenking, of dit nou ?5 of ?500 is, is dalk net die hupstoot om 'n hardwerkende en verdienstelike student oor die laaste hekkie te help. En as jy 'n belastingbetaler in die Verenigde Koninkryk is, aktiveer gerus Gift Aid – 'n maklike manier om jou skenking sonder enige ekstra koste met 25% te verhoog.

Raak asseblief betrokke deur:

  • 'n skenking te maak op 'n ryer se fondswerwingsblad (sien hier onder vir KindLink-besonderhede) – elke pond maak 'n verskil;
  • die ryers se verhale met jou netwerk te deel; en
  • hulle aan te moedig wanneer hulle op 14 September die lang pad van Londen na Brighton aandurf.

Kom ons help ons Maties oor die eindstreep – op die pad én in hulle missie om geleenthede vir die volgende geslag Suid-Afrikaanse gegradueerdes te ontsluit. Ondersteun die rit. Transformeer 'n toekoms.

Om te skenk, gaan na die ryers se KindLink-blaaie deur op die tersaaklike naam hier onder te klik:

Page Image:
Author: Development & Alumni Relations
Media Release: No
Visibly Featured: Alumni Carousel
Published Date: 8/4/2025
Visibly Featured Approved: Alumni Carousel;
GUID Original Article: 8525FBC6-3AEC-4DF1-8BE6-093FF54637E0
Is Highlight: No
Staff Only: No
Opsomming: 'n Groep vasberade alumni verruil op 14 September vir die sewende opeenvolgende jaar die stad se sypaadjies vir landelike lanings wanneer hulle die ikoniese Londen-na-Brighton-fietsrit van 89 km aandurf.
Summary: For the seventh year in a row, a group of determined Stellenbosch 中国体育彩票 alumni will swap city pavements for country lanes as they take on the iconic London to Brighton Cycle Ride.
The article is now complete, begin the approval process: No
Article Workflow Status: Article incomplete
]]>
System Account Mon, 04 Aug 2025 11:55:26 GMT /afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=11378
Oorbrug vastelande en verskuif denke, uit Parys_中国体育彩票 /afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=11377 Page Content:

Ons stel graag 'n dinamiese Matie bekend wat uit die hartjie van Europa groot dinge vermag. Sine Maphumulo woon in Parys, waar sy haar professionele passie vir finansiering met haar toewyding aan inklusiewe ontwikkeling kombineer. Sy is ook een van die dryfkragte agter die Matie-alumni-teenwoordigheid in Frankryk, waardeur sy br?e tussen mense, idees en vastelande bou.

As deel van haar werk in die finansieringsektor, is sy by wêreldontwikkelingsprojekte betrokke. Sy gebruik finansiering as 'n werktuig vir volhoubare ontwikkeling, veral in ontluikende markte. “Ek's passievol daaroor om te sorg dat finansiering mense werklik baat – en dat die stelsels ontwerp word om ten diepste billik en inklusief te wees," sê sy.

Sal nooit 'au revoir' sê vir haar Matie-wortels nie

Sine het haar meestersgraad in Ontwikkelingsfinansiering aan die Stellenbosch Bestuurskool voltooi – 'n tyd wat sy as transformerend beskryf. Toe sy na Parys verhuis, het dit bloot natuurlik gevoel om as 'n Matie-vrywilliger betrokke te raak.

“Vrywilligerwerk vir die plaaslike alumni-tak was 'n sinvolle manier om my band met daardie gemeenskap te behou en ons wêreldwye netwerk te help versterk," verduidelik sy. “Dis ongelooflik bevredigend om platforms vir gesprek en samewerking te skep – veral tussen vastelande."

Sy was onlangs mede-aanbieder en -moderator van 'n paneel oor volhoubare groei in Afrika, wat die Universiteit Stellenbosch, die Stellenbosch Bestuurskool en Emlyon-bestuurskool gesamentlik gere?l het. “Dit was 'n trotse oomblik om in 'n Europese omgewing die soeklig op Afrika-innovasie te laat val."

Professionele sukses, en 'n betekenisvolle passieprojek

Sine se opgang in die korporatiewe wêreld het begin toe sy as finansieringshoof vir L'Oréal Suid-Afrika se Professionele Produkte-afdeling aangestel is. Dít op sigself was 'n besondere prestasie, en des te meer as 'n mens in gedagte hou dat sy nog nie eens 30 jaar oud was nie. Sy het haar daar so goed van haar taak gekwyt dat 'n internasionale geleentheid by L'Oréal se internasionale hoofkantoor in Parys vir haar aangebied is – 'n loopbaanhoogtepunt, en 'n bewys van haar talent en volharding.

Daarbenewens is haar kernwaardes van billikheid, insluiting en impak duidelik te sien in die werk wat sy deur haar platform Leave No One Behind (LNOB) doen. Die platformnaam weerspie?l die kernbelofte van die Agenda vir Volhoubare Ontwikkeling 2030 en die gepaardgaande volhoubare ontwikkelingsdoelwitte (SDG's). Deur LNOB bied sy gesprekke, veldtogte en gemeenskapsgedrewe inhoud aan oor die bevordering van die SDG's, veral geslagsgelykheid en die vermindering van ongelykheid. “Ons bied 'n platform vir stemme wat nie altyd gehoor word nie – en ons gebruik sosiale media om ons boodskap verder en wyer te versprei," sê sy. Maties kan LNOB volg óf met die platform saamwerk aan projekte wat met die SDG's strook (sien hier onder vir besonderhede).

Waar Matie-herinneringe en wêreldambisies ontmoet

Hoewel sy nie gedurende haar tyd by die Stellenbosch Bestuurskool op kampus gewoon het nie, het sy aangename herinneringe aan haar studie – veral haar toelating tot die internasionale erevereniging Golden Key. Nou is sy opgewonde daaroor om 'n toekoms te bou waar die lesse wat sy op Stellenbosch geleer het en die moontlikhede van wêreldburgerskap ontmoet. “Ek sien daarna uit om my impak in sowel die korporatiewe as sosiale ruimte te versterk," sê Sine, “veral deur LNOB uit te brei en meer kruiskontinentale geleenthede aan te bied wat Afrika-innovasie ten toon stel."

Paulo Coelho se woorde uit The Alchemist dien as haar inspirasie in alles wat sy aanpak. “When you want something, all the universe conspires in helping you to achieve it," het hy geskryf. “Dit herinner my daaraan om die reis te vertrou, getrou te bly aan my doel, en te glo dat as ek doelgerig en hard werk, die regte geleenthede en mense op die regte tyd oor my pad sal kom," sê Sine.

Volg LNOB:

Twitter/X: @LNO1B
Instagram: @Leaveno1.behind
Facebook: @LNO1B
LinkedIn: LNOB (Leave No One Behind)

Page Image:
Author: Development & Alumni Relations
Media Release: No
Visibly Featured: Alumni Carousel
Published Date: 8/4/2025
Visibly Featured Approved: Alumni Carousel;
GUID Original Article: 5F2BC20F-277D-4F2F-91F8-2ADBC7A37F2E
Is Highlight: No
Staff Only: No
Opsomming: Sine Maphumulo woon in Parys, waar sy haar professionele passie vir finansiering met haar toewyding aan inklusiewe ontwikkeling kombineer.
Summary: Based in Paris, Sine Maphumulo blends her professional passion for finance with her commitment to inclusive development.
The article is now complete, begin the approval process: No
Article Workflow Status: Article incomplete
]]>
System Account Mon, 04 Aug 2025 11:27:31 GMT /afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=11377
Ingenieur-opvoeder leer jonges van chemie en chutzpah_中国体育彩票 /afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=11376 Page Content:

Ons hop oor na Wes-Londen, waar ons Karien Botha raakloop. Dié voormalige ingenieur is deesdae 'n chemie-onderwyser, en boonop een van ons mees energieke en inspirerende vrywilligers. Karien se liefde vir die wetenskap, onderwys en die buitelewe is te sien in alles wat sy doen – ook in haar rol in die Matie-alumni-netwerk.

Karien woon in loofryke Ealing, waar die lewe 'n lewendige kombinasie is van gesinstyd, tutorwees vir GCSE- en A-level-wetenskapstudente, en enige moontlike verskoning om buite te wees, hetsy aan die draf of fietsry.

Haar loopbaanreis is allesbehalwe gewoon. Ná 16 jaar as 'n chemiese ingenieur in die olie- en gasbedryf was sy op soek na iets nuut. Sy herbekwaam haar dus as onderwyser en stel nou plaaslike leerders aan die wonderwêreld van chemie bekend. “Ek het my seun onlangs erg verveel toe hy gevra het hoe bakpoeier en koeksoda verskil," lag sy. “My grafiek van chemiese formules en gebalanseerde vergelykings was iets om te aanskou!"

Hou die Matie-vlam aan die brand

'n Behoefte om bande met ander te bou is wat Karien aangespoor het om by die Matie-alumni-netwerk betrokke te raak. “'n Mens ontmoet nie juis baie Suid-Afrikaners waar ek woon nie – so dis 'n goeie manier om in kontak te bly." Maar wat sy gekry het, is veel meer as 'n skakel met die huis: “Ek het al soveel talentvolle en interessante Maties deur my vrywilligerwerk ontmoet. Dis regtig 'n ontsettend positiewe ervaring."

Of sy nou alumni-geleenthede re?l, met ander vrywilligers skakel, of geld vir die Universiteit Stellenbosch insamel, sy doen alles met energie en oorgawe. Een hoogtepunt? Om ten bate van Matie-studentebeurse aan die Londen-na-Brighton-fietsrit deel te neem. “Dit is ongelooflik – en die ondersteuning wat ek van vriende, familie en selfs vreemdelinge ontvang het, het my verstom."

Ingenieursprestasies en onderwysoorwinnings

Sy is trots op wat sy as ingenieur vermag het, soos om dele van die Mongstad-raffinadery in Noorwe? en die Dragon LNG-invoerterminaal in Wallis te ontwerp. Nietemin was heropleiding as 'n onderwyser een van die dapperste dinge wat sy tot dusver gedoen het, sê sy. “Daar waar ek daagliks voor 'n vertrek vol kritiese tieners staan, is waar ek van die slegste – maar ook van die beste – oomblikke van my beroepslewe beleef," sê sy.

Matie-wortels lê diep

Karien het van 1992 tot 1998 Chemiese Ingenieurswese op Stellenbosch studeer, en behou steeds kontak met haar koshuiskamermaats van Monica en haar Ingenieurswese-klasmaats. “Die geur van jasmyn op 'n warm somersaand voer my altyd terug na die kampus," sê sy. Haar gunstelinguithangplek? Die stil, groen rustigheid van die Botaniese Tuin langs Monica.

Hoewel sy nie haar lewensmaat op Stellenbosch ontmoet het nie, is haar hegste vriendskappe hier gevorm – en dit het die toets van die tyd deurstaan. “Ek het steeds kontak met my ou Matie-vriende," sê sy. “Hulle bly 'n groot deel van my lewe."

'n Positiewe krag

Karien rat vanjaar (heel letterlik) weer op vir nóg 'n Londen-na-Brighton-fietsrit, en sy is veral opgewonde om te sien hoe haar fondswerwing spoed optel. Sy gaan voort om haar kernwaarde uit te leef, naamlik om 'n positiewe krag in die lewe te wees, of sy nou kilometers op die fiets kafdraf of lesse aanbied.

Dít is 'n ingesteldheid wat sy ook aan haar seun oordra, wat tans vir sy GCSE-eksamen voorberei. Teen sy aansteekbord is 'n plakkaat wat sy gemaak het, vol inspirerende aanhalings. Haar gunsteling? Jan Smuts se woorde: “As jy twyfel, doen die waagmoedige ding." Wyse woorde van iemand wat so 'n ietsie weet van moed, verandering, en die soeke na sin.

  • Gaan na KindLink om deel te neem aan Karien se fondswerwingsveldtog ten bate van studentebystand.
Page Image:
Author: Development & Alumni Relations
Media Release: No
Visibly Featured: Alumni Carousel
Published Date: 8/4/2025
Visibly Featured Approved: Alumni Carousel;
GUID Original Article: A30B2E01-67D2-417C-992B-60FCA7F5B36E
Is Highlight: No
Staff Only: No
Opsomming: Ons hop oor na Wes-Londen, waar ons Karien Botha raakloop. Dié voormalige ingenieur is deesdae 'n chemie-onderwyser, en boonop een van ons mees energieke en inspirerende vrywilligers.
Summary: ?Over in West London, we catch up with Karien Botha, one of our most energetic and inspiring volunteers.
The article is now complete, begin the approval process: No
Article Workflow Status: Article incomplete
]]>
System Account Mon, 04 Aug 2025 11:20:24 GMT /afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=11376
'n Matie wat bande bou, van Stellenbosch tot Frankfurt_中国体育彩票 /afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=11375 Page Content:

In Duitsland ontmoet ons Arnim Ritter, 'n finansi?le foendi met 'n hart vol aangename Stellenbosse herinneringe, 'n groeiende jong gesin, en 'n passie om by die Matie-gemeenskap betrokke te bly.

Arnim woon 20 minute buite Frankfurt am Main, waar hy 'n druk werkslewe met die vreugdes van gesinstyd balanseer. Bedags verdiep hy hom in finansi?le omsigtigheidsondersoeke vir samesmeltings en verkrygings ('M&A') – 'n terrein wat hy as intellektueel uitdagend én uiters bevredigend ervaar.

Sy lewe buite die kantoor is vol boeke, reis en gesinstyd. Hy beplan selfs om as 'n stokperdjie te begin seil. “Ek is nog nie heeltemal seker wanneer of waar nie, maar ek sal dit graag behoorlik op die proef wil stel," glimlag hy.

Waarom hy as vrywilliger werk

Op die vraag oor wat hom 'n alumni-vrywilliger laat word het, antwoord hy sonder aarseling: “Ek het van my beste jare by Stellies deurgebring," sê hy. “Nóú nog wanneer ek 'n mede-Matie ontmoet – of ek hulle nou ken of nie – is daar altyd 'n natuurlike, spesiale band. Ek koester dit regtig."

Dit is hierdie gevoel van verbondenheid en gemeenskaplike ervaring wat hom aanspoor om in Maties te herbelê. Vrywilligerdiens is 'n manier om in voeling te bly met die unieke Matie-waardes, en met mense te kan gesels wat weet wat dit beteken om in Victoriastraat te kon loop, die Rooiplein te kon oorsteek, en Stellenbosch huis te kon noem.

Werk, groei, en 'n onverwagte kant-joppie

Arnim het van 2010 tot 2015 BRekLLB op Stellenbosch studeer, gevolg deur 'n jaar se nagraadse studie. Hoewel sy honneurspoging nie heeltemal uitgedraai het soos hy beplan het nie, het hy die ervaring as dryfveer vir die volgende fase van sy reis gebruik – om 'n meestersgraad in Regte en Finansies in Duitsland te verwerf.

Deesdae pas hy sy kundigheid op M&A-transaksies in verskillende bedrywe toe, en leer en groei hy nog elke dag. “Ek sou nou nie sê ek is besonder talentvol nie," sê hy beskeie. “Maar as ek fokus behou en aanhou leer, is daar net een pad, en dis vorentoe." Hy put motivering uit die tydlose woorde van Marcus Aurelius (“The most noble thing is to be yourself"), Hemingway (“There is nothing noble in being superior"), en die roerende verse van If deur Kipling én Invictus deur Henley. Die boodskap van ál hierdie werke is dat krag, karakter en moed van binne af kom.

Nie alles omtrent hom pas egter by die stereotipe van die ernstige prokureur of rekenmeester nie. Trouens, een van sy mees onvergeetlike ervarings was om in 2009 gedurende 'n politieke byeenkoms in Walvisbaai in die protokolspan – en kortstondig as 'n lyfwag – van die Namibiese opposisieleier Hidipo Hamutenya te dien. “Dit was beslis die tipe ervaring wat jy net een keer in 'n leeftyd het," lag hy.

Lekker herinneringe, en 'n kykie na die toekoms

As hy aan sy studentedae terugdink, staan 'n paar herinneringe uit, veral die Joolmentorskakels in die koshuis Helderberg (oftewel die Republiek) en luilekker middae op die stoepe van die koshuisseksies Kanonkop en Lokkenfekker. Hoewel hy nie nou meer gereelde kontak met baie van sy klasmaats het nie, is die vriendskappe wat hy uit sy studentedae behou het sterk en betekenisvol.

Wat die toekoms betref, wil Arnim graag sy betrokkenheid as 'n vrywilliger verdiep en sterker bande met ander Maties in die streek bou. “Ek geniet dit om met mede-Maties te skakel – daar's net iets lekker daaraan om mense met dieselfde agtergrond te ontmoet, al is ons baie ver van die kampus."

Vir hom persoonlik is sy grootste vreugde om te sien hoe sy jong seun grootword, en om die wêreld saam met hom te verken. “Om saam buite te wees, hom nuwe dinge te leer – dís waarna ek vanjaar die meeste uitsien."

Page Image:
Author: Development & Alumni Relations
Media Release: No
Visibly Featured: Alumni Carousel
Published Date: 8/4/2025
Visibly Featured Approved: Alumni Carousel;
GUID Original Article: 567E10AD-A3F9-464C-84B2-05309A9E889F
Is Highlight: No
Staff Only: No
Opsomming: ?In Duitsland ontmoet ons Arnim Ritter, 'n finansi?le foendi met 'n hart vol aangename Stellenbosse herinneringe, 'n groeiende jong gesin, en 'n passie om by die Matiegemeenskap betrokke te bly.
Summary: ?In Germany, we meet Arnim Ritter, a financial whizz with a heart full of fond Stellenbosch memories, a growing young family, and a passion for staying connected to the Matie community.
The article is now complete, begin the approval process: No
Article Workflow Status: Article incomplete
]]>
System Account Mon, 04 Aug 2025 11:16:01 GMT /afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=11375
Operasie Maties Fietse bevorder aktiwiteit en mobiliteit in landelike gemeenskappe_中国体育彩票 /afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=11345 Page Content:

Toe die Universiteit Stellenbosch (US) se vervoerdepartement begin het om sy fietsvloot te vernuwe, het dr Leslie van Rooi, US Senior Direkteur van Sosiale Impak en Transformasie, en dr Therese Fish, Vise-dekaan van Kliniese Dienste en Sosiale Impak aan die US se Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe (FGGW), 'n geleentheid gesien. Hul visie het Operasie Maties Fiets geword, wat 150 fietse aan landelike gemeenskappe geskenk het waar vervoerhindernisse dikwels lewensuitkomste bepaal.

Oor die afgelope maand het die FGGW hierdie Maties Fietse versprei aan landelike skole met min hulpbronne, voorgraadse studente op landelike gesondheidsplasings, en NRO's wat gemeenskapsgesondheidswerkers regoor die Wes-Kaap ondersteun.

“Toegang tot betroubare vervoer behoort nie te bepaal of 'n kind aan skoolaktiwiteite kan deelneem of 'n gesondheidswerker die gemeenskappe wat hulle bedien, kan bereik nie," verduidelik Fish, wat die inisiatief lei. “Hierdie fietse verteenwoordig meer as mobiliteit – dit verteenwoordig moontlikheid en waardigheid. Wanneer ons hierdie hindernisse verwyder, skep ons geleenthede vir onderrig, toegang tot gesondheidsorg en gemeenskapsbetrokkenheid wat lewens kan transformeer."

Die projek teiken drie sleutelbegunstigdegroepe. Daar word verwag dat landelike skole wat die fietse ontvang, verhoogde beweging en fisieke aktiwiteit onder leerders sal sien, wat gesonder, meer aktiewe skoolgemeenskappe sal bevorder. Vir voorgraadse gesondheidswetenskapstudente wat landelike diensleerplasings doen, bied die fietse verbeterde mobiliteit by opleidingsterreine.

Die inisiatief is ook daarop gemik om die operasionele kapasiteit van gemeenskapsgesondheidswerkers te versterk, ondersteun deur vennootskappe met NRO's en die Wes-Kaapse Regering se Departement van Gesondheid en Welstand. Die fietse sal hulle in staat stel om groter geografiese areas te dek en meer konsekwente gemeenskapskontak te handhaaf, wat verhoogde geleenthede vir gemeenskapsbetrokkenheid en -ondersteuning skep.

'n Sleutelkomponent van Operasie Maties Fiets is die Pedal Forward-program, gelei deur prof Eileen Africa van die FGGW se Departement Oefening, Sport en Leefstylgeneeskunde. Hierdie inisiatief integreer fietsgebruik in daaglikse skoolroetines, moedig gereelde fisieke aktiwiteit aan terwyl dit leerderoutonomie bevorder. Die program sluit ingeboude evalueringsmeganismes in en beklemtoon langtermynvolhoubaarheid, wat verseker dat voordele verder strek as individuele ontvangers om hele skool- en gemeenskapsomgewings te transformeer.?

Afrika se verbintenis met hierdie inisiatief loop besonder diep – sy het beide haar primêre en sekondêre skoolopleiding voltooi by die landelike skole wat nou voordeel trek uit Operasie Maties Fiets, wat haar bydrae 'n diep persoonlike daad maak om terug te gee aan gemeenskappe wat haar eie reis gevorm het.

Pedal Forward erken dat volhoubare verandering sistematiese integrasie vereis. Deur fietsgebruik by die skoolkultuur in te sluit, bevorder die program gesonde gewoontes en onafhanklikheid wat leerders dwarsdeur hul lewens sal dien.

Die adjunkhoof van die Worcester RK Laerskool, mnr C. Felix, het saam met 'n span personeel en jong leerders die Maties-fietse namens die hoof, mnr HCW Titus, ontvang. Felix het die skool se dankbaarheid uitgespreek vir die geleenthede wat die skenking aan hierdie jong leerders bied. Benewens die stigting van 'n fietsryklub, sal die leerders ook die geleentheid hê om meganiese vaardighede te ontwikkel om die fietse in stand te hou.

Cathy Roodman van Esselenpark Sekondêre Skool, een van die skole wat fietse ontvang, het haar waardering uitgespreek: “'n Besondere woord van dank vir die skenking van 20 fietse. Hierdie fietse dien as 'n skakel na geleenthede, nie bloot 'n vervoermiddel nie. Ons is verheug om 'n fietsryklub vir leerders te stig, en ons gebruik hierdie poging om fisiese oefening aan te moedig, interpersoonlike vaardighede en leierskapsvaardighede te verbeter en 'n gevoel van gemeenskap te kweek."

Die projek word deur Fish bestuur met die ondersteuning van Colleen Charters, haar kantoorbestuurder. Mnr Roelof Loubser, Mobiliteitsbestuurder vir Vervoerdienste, het die aanvanklike fietsoordragte gefasiliteer wat die inisiatief moontlik gemaak het.

Operasie Maties Fiets sluit aan by die US se bre?r sosiale impakstrategie, wat daarop gemik is om gesondheidsgelykheid en gemeenskapswelstand deur middel van onderrig, navorsing en diens te bevorder. Die inisiatief demonstreer hoe institusionele hulpbronne aangewend kan word om werklike uitdagings in landelike gemeenskappe aan te spreek, wat meer geleenthede skep waarvan die volle potensiaal eers mettertyd onthul sal word.


Page Image:
Author: FMHS Marketing & Communications
Media Release: No
Visibly Featured: Medicine and Health Sciences Snippet
Published Date: 7/11/2025
Visibly Featured Approved: Medicine and Health Sciences Snippet;
GUID Original Article: C9C2478F-602B-497A-9B54-7B705AB6E371
Is Highlight: No
Staff Only: No
Opsomming: Toe die US se vervoerdepartement begin het om sy fietsvloot te vernuwe, het drs. Leslie van Rooi en Therese Fish 'n geleentheid gesien om 150 fietse aan landelike gemeenskappe te skenk waar vervoerhindernisse dikwels lewensuitkomste bepaal.
Summary: When SU’s transport department began renewing its bicycle fleet, Drs Leslie van Rooi and Therese Fish saw an opportunity to donate 150 bicycles to rural communities where transportation barriers often determine life outcomes.
The article is now complete, begin the approval process: No
Article Workflow Status: Article incomplete
]]>
System Account Fri, 11 Jul 2025 09:20:23 GMT /afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=11345
Styg na Sukses — CISU-leerling Wen Nasionale Laerskooltitel by ‘Chinese Bridge’-kompetisie_中国体育彩票 /afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=11372 Page Content:

?

Op 27 Junie is die Suid-Afrikaanse eindronde van die 18de Chinese Bridge Chinese Vaardigheidskompetisie vir Buitelandse Ho?rskoolleerders, saam met die 5de Chinese Bridge Chinese Skou vir Buitelandse Laerskoolleerders, gehou by die Southern Sun Newlands Hotel in Kaapstad. Die gebeurtenis is aangebied deur die Chinese Ambassade in Suid-Afrika, en georganiseer en ondersteun deur Konfucius-institute en -klaskamers regoor die land.

CISU-leerlinge het op die verhoog geskyn, met drie wat uitstaande optredes gelewer het. Twee leerders van Rietenbosch Laerskool het uitstekende resultate behaal: Mario Jooste het die kampioenstitel in die laerskoolkategorie gewen, terwyl Lyle Zimry tweede plek verwerf het. Jenne Leigh, van die Worcester Gimnasium Konfucius Klaskamer, verbonde aan die Universiteit Stellenbosch, het die Uitnemendheidstoekenning in die ho?rskoolkategorie ontvang. Mev. Qian Qian, ’n onderwyser aan die Konfucius Instituut, is vereer met die Toekenning vir Uitstekende Instrukteur.

In die laerskoolkategorie het Mario Jooste die gehoor bekoor met ’n opregte en dinamiese toespraak. Sy rede, How Chinese Changed My Life, het sy reis van Mandaryns leer op lewendige wyse beskryf, en die vele voordele wat dit aan hom gebring het. Sy opregtheid en selfvertroue het die gehoor diep geraak en luid applous ontlok. In die talentsegment het Mario die lied en dans Xue Long Yin (Lied van die Sneeudraak) uitgevoer. Sy elegante bewegings en melodieuse stem het die beoordelaars be?ndruk en sy liefde vir Chinese taal en kultuur ten volle uitgedruk.

Toe hy gevra is hoe dit voel om as nasionale kampioen aangewys te word, het Mario gesê: “Ek was so opgewonde, ek het in die lug opgespring!” Hy het ook die vorige jaar deelgeneem, en het dié keer met meer selfvertroue gereflekteer: “Ek was minder bang, want ek het geweet wat om te verwag. Ek het ook belangrike mense gehad wat my by die kompetisie ondersteun het, soos my ouma, my Chinese onderwyser, asook my skoolonderwysers, Me. Crowley en die skoolhoof, Mnr. Jappie.”

As Suid-Afrika se laerskoolwenner sal Mario nou na China reis om die land in die internasionale ronde van die Chinese Bridge-kompetisie vir buitelandse laerskoolleerders te verteenwoordig. “Ek voel baie trots – ek was nog nooit in ’n ander land nie en ek is so opgewonde om Suid-Afrika te gaan verteenwoordig,” het hy gesê. Toe hy gevra is waarna hy die meeste uitsien tydens sy reis na China, was sy antwoord duidelik: “Ek wil regtig graag die Groot Muur van China sien!”

Aan ander leerders wat belangstel om Chinese te leer, het Mario bemoedigende raad gegee: “Jy moet alles gee en baie hard studeer, want dit is ’n baie spesiale geleentheid om jou talente en harde werk aan die wêreld te wys. Ek het geleer dat harde werk en toewyding jou ver kan bring, en om dit deur Chinese te ervaar is baie spesiaal.”

Lyle Zimry, ook van Rietenbosch Laerskool, het ’n uitmuntende vertoning gelewer en die tweede plek landwyd behaal. Sy toespraak, My Chinese Dream: A Different Future, het gefokus op die drome wat hom motiveer en die unieke vreugde wat hy in leer vind. “Dit het gegaan oor die dinge wat ek in my lewe wil bereik, en my liefde vir die aanleer van nuwe dinge – soos die Chinese taal.”

In die talentsegment het Lyle die lied Gu Yong Zhe (Die Eensame Vegter) met oorgawe en oortuiging gesing. “Die lied gaan oor ’n vegter wat vir geregtigheid baklei. Ek het dit gekies omdat ek vir ander mense wou wys dat hulle ook vir wat reg is kan baklei en help om Suid-Afrika ’n beter plek te maak.”

Die pad na die kompetisie was nie sonder uitdagings nie. “Die moeilikste deel was om vir die kompetisie voor te berei terwyl ek ook eksamens moes skryf by die skool,” het Lyle erken. “Hoe nader die kompetisie gekom het, hoe meer druk het ek gevoel, en ek was bietjie senuweeagtig.” Maar die beloning was dit alles werd: “Toe ek hoor ek is in die Top 2, het ek onmiddellik besef harde werk is beslis die moeite werd – ek was so bly en opgewonde om te weet dat al my moeite nie verniet was nie!” Terugskouend het hy bygevoeg: “Ek het ontdek dat ek baie toegewyd en vasberade kan wees wanneer ek werk aan iets wat vir my belangrik is.”

Albei leerders is sterk ondersteun deur Rietenbosch-personeel. Onderwyser Mev. Glynn Crowley, wat sedert 2017 as skakel tussen die skool en die Konfucius Instituut optree, het die voorbereiding geko?rdineer en het selfs die leerders na oefensessies tydens die skoolvakansie vervoer. “Rietenbosch Laerskool is een van die eerste skole in Cloetesville wat Chinese as ’n buitemuurse aktiwiteit aanbied,” het sy genoem. “Met hierdie ons derde deelname aan die kompetisie, het ons spesiale moeite gedoen om seker te maak die leerders en hul families verstaan watter unieke geleentheid dit is.”

Skoolhoof Mnr. Jardine Jappie het bygevoeg: “Beide leerders is akademies sterk en weet hoe om hard te werk, maar hierdie kompetisie het hulle uitgedaag om in ’n vreemde taal op te tree en hulself deur ’n ander kultuur se tradisies uit te druk. Dit het hulle die waarde van selfvertroue en toewyding geleer. Dit was ongelooflik om te sien hoe hulle groei in selfgeloof en motivering om hul doelwitte na te streef.”

Beide opvoeders is passievol oor meertalige leer. “As taalleerkragte glo ons sterk in die aanleer van verskeie tale buite jou huistaal. Mario en Lyle se optrede wys dat meertaligheid nie net gaan oor die praat van ’n ander taal nie – dit is ’n instrument om br?e te bou tussen Suid-Afrika en die wêreld, en in hierdie geval, China.”

Hy het ook ’n opregte woord van dank uitgespreek: “Ek wil graag vir Mev. Crowley hartlik bedank vir haar onvermoeide toewyding, en ook my opregte waardering uitspreek teenoor die onderwysers van die Konfucius Instituut aan die Universiteit Stellenbosch. Hul passie, mentorskap en onwrikbare ondersteuning het ’n groot rol gespeel in die voorbereiding van Mario en Lyle – nie net vir ’n kompetisie nie, maar vir ’n oomblik wat ons hele skool ge?nspireer het.”

In die ho?rskoolkategorie het Jenne Leigh van Worcester Gimnasium ’n inspirerende toespraak gelewer getiteld Dancing with the Han Spirit: Following My True Heart, waarin sy haar toewyding aan die Chinese taal opreg verwoord het. In die talentsegment het sy Step by Step in Dreams uitgevoer – ’n pragtige kombinasie van klassieke Chinese dans en lied, wat die elegansie van Chinese kultuur ten toon gestel het. Sy het die Uitnemendheidstoekenning ontvang en gedeel: “Ek is mal oor dans. Chinese dans het my gehelp om nuwe dele van myself te ontdek en my begrip van Chinese kultuur verdiep.”

Mnr. Tang Changan, Adjunk-konsul-generaal van die Chinese Konsulaat-generaal in Kaapstad, het die gebeurtenis bygewoon en die kampioen-trofee aan Mario Jooste en die Toekenning vir Uitstekende Instrukteur aan Mev. Qian Qian oorhandig. Hy het die deelnemers geprys vir hul uitmuntende optredes. Hierdie prestasies is moontlik gemaak danksy die toegewyde pogings van die CISU-onderrigspan. Die afgelope drie maande het die onderwysers omvattende opleiding verskaf – insluitend taaluitdrukking, redenaarsvaardigheid, verhoogoptrede en talentontwikkeling – en die leerders op elke gebied ondersteun sodat hulle kon skitter op die verhoog.

As Suid-Afrika se laerskoolkampioen sal Mario die land verteenwoordig in die wêreldfinaal van die Chinese Bridge-kompetisie vir buitelandse laerskoolleerders in China. CISU sal voortgaan om toegewyde leiding en volle ondersteuning te bied, sodat hy op die internasionale verhoog kan skitter en die verhaal van Suid-Afrikaanse Chinese-taalleerders met die wêreld kan deel.



Page Image:
Author: Marlo Van Wyk
Media Release: No
Visibly Featured: Confucius Institute Carousel; SU International Carousel
Published Date: 8/4/2025
Visibly Featured Approved: SU International Carousel;Confucius Institute Carousel;
Enterprise Keywords: chinese Bridge competition 2025
GUID Original Article: FA9A8183-41B1-4C12-8758-4216D7D5E0C8
Is Highlight: No
Staff Only: No
Opsomming: Op 27 Junie is die Suid-Afrikaanse eindronde van die 18de Chinese Bridge Chinese Vaardigheidskompetisie vir Buitelandse Ho?rskoolleerders, saam met die 5de Chinese Bridge Chinese Skou vir Buitelandse Laerskoolleerders, gehou by die Southern Sun Newlands H
Summary: On June 27th, the South African Finals of the 18th Chinese Bridge Chinese Proficiency Competition for Foreign Secondary School Students, along with the 5th Chinese Bridge Chinese Show for Foreign Primary School Students
The article is now complete, begin the approval process: No
Article Workflow Status: Article incomplete
]]>
System Account Mon, 04 Aug 2025 08:08:37 GMT /afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=11372
Boomplantseremonie simboliseer nuwe toekoms vir Wilgenhof_中国体育彩票 /afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=11360 Page Content:

'n Nuwe Kaapse Wilgerboom op die voorste grasperk van die Wilgenhof-manskoshuis op die hoek van Ryneveld- en Victoriastraat op Stellenbosch simboliseer 'n nuwe begin in 'n opgeknapte koshuis.

Wilgenhof het hul terugkeer na 'n gerestoureerde gebou en 'n herintegrasie in die studentegemeenskap gevier met 'n spesiale boomplantseremonie op Vrydagmiddag 25 Julie. Na aanleiding van 'n besluit deur die Universiteit Stellenbosch (US) Raad op 16 September 2024 om die Wilgenhof-koshuis te sluit – en die uitgebreide besprekings tussen die Universiteit, studente, ouers, alumni en voormalige Wilgenhof-inwoners wat gevolg het – is die koshuis vir die eerste semester van 2025 gesluit om in geheel opgeknap te word. Studente het aan die begin van die tweede semester teruggetrek nadat die gebou op Vrydag 18 Julie heropen het.

Die seremonie is bygewoon deur huiskomiteelede en inwoners van Wilgenhof; lede van die US Rektoraat; verteenwoordigers van die Wilgenhof Alumni-vereniging; verteenwoordigers van die Afdeling Studentesake, die Afdeling Ontwikkeling en Alumni-verhoudinge, die Afdeling Korporatiewe Kommunikasie en Bemarking, Fasiliteitsbestuur en die Primkomitee; studenteleiers; dr Wilhelm Verwoerd, 'n fasiliteerder in die Wilgenhof-vernuwingsproses; en oudregter Edwin Cameron, voormalige US Kanselier en primarius van Wilgenhof.

Prof Deresh Ramjugernath, Rektor en Visekanselier, het gesê die herintegrasie van die Wilgenhof-gemeenskap in die historiese gebou is gedoen “met 'n gedeelde doelgerigtheid, naamlik om sowel die verlede as die hede te erken en onsself te verbind tot 'n toekoms wat in respek, vernuwing en eenheid gewortel is".

“Om 'n boom te plant, is 'n gebaar van groei, herlewing en 'n langtermynverbintenis. Dit dui ook op die ontwikkelende verhouding tussen Wilgenhof, die US en die bre?r universiteitsgemeenskap. Wilgenhof het 'n proses van diep besinning en vernuwing ondergaan, en sal voortgaan met hierdie reis. Die woord 'vernuwing' is doelbewus kragtig, want dit is nie net struktureel nie. Dit is ook emosioneel en kultureel, en bied bowenal hoop.

“Die gebeure wat ons tot by vandag gelei het, was uitdagend. Dit het moeilike gesprekke, kritieke besluite en dapper leierskap van albei kante behels. Die vernuwende Wilgenhof is nou belyn met die waardes en beginsels wat ons bre?r koshuisgemeenskap rig. Dit is 'n ruimte waar waardigheid, leer, aanspreeklikheid en wedersydse respek nie onderhandelbaar is nie, maar fundamenteel.

“Wilgenhof tree nie terug na die verlede nie. Die koshuis tree vorentoe in 'n hernieude verbintenis tot transformasie en insluiting. Ons het nie vandag net 'n boom geplant nie, maar ook 'n belofte. Ons belofte, en ons hoop, is dat hierdie ruimte, en die mense wat dit bewoon, sal aanhou groei. Dit moet 'n herinnering wees dat transformasie nie 'n eindpunt is nie, maar 'n voortdurende proses. En wanneer dit in gedeelde waardes gewortel is, kan dit floreer. Mag hierdie boom, en hierdie oomblik, 'n lewende simbool wees van wat ons saam kan bereik," het Ramjugernath gesê.

?Mnr Ashmind Daniels, inwonende hoof van Wilgenhof, het gesê die plant van 'n boom is 'n simboliese daad van vernuwing, groei en 'n blywende verbintenis van die Wilgenhof-gemeenskap.

“Net soos hierdie boom mettertyd wortel sal skiet en groei, moet ons as 'n gemeenskap ook gewortel wees in waardes wat onderhoudend en bevorderlik is. Mag hierdie boom as 'n lewende herinnering dien van ons sorg, aanspreeklikheid en trots vir Wilgenhof – nie net as 'n gebou nie, maar as 'n gedeelde tuiste. Die boom is 'n teken wat ons kan bereik indien ons saamwerk," het Daniels gesê.

Die Kaapse Wilgerboom (Salix mucronate) is 'n semi-bladwisselende, vinniggroeiende, inheemse boom wat tot 15 m hoog kan word. Om bome te plant, dra by tot die uitbreiding van die Universiteit se biodiversiteit en is deel van die US se plan vir omgewingsvolhoubaarheid om die koolstofvoetspoor op kampus te verminder. Die biodiversiteitsdeel van die plan is daarop gemik om alle terrein te onderhou en te ontwerp om veerkragtig te wees teen omgewingsverandering en om die biodiversiteit en volhoubaarheid van oop ruimtes te verbeter.

* Die studentgesentreerde, gefasiliteerde Wilgenhof-vernuwingsproses, onder leiding van prof Pumla Gobodo-Madikizela, het ten doel om 'n beslissende breuk met die verlede te maak en 'n nuwe koshuiskultuur te bevorder wat gegrond is op inklusiwiteit, deursigtigheid en gedeelde waardes. Hierdie deurlopende proses is nog nie afgehandel nie.?

Page Image:
Author: Stellenbosch 中国体育彩票 / Universiteit Stellenbosch
Media Release: No
Visibly Featured: SU Main Carousel
Published Date: 7/25/2025
Visibly Featured Approved: SU Main Carousel;
Enterprise Keywords: WILGENHOF
GUID Original Article: 0B0B486C-95F0-45CF-86FC-0833AA2D79EC
Is Highlight: No
Staff Only: No
Opsomming: 'n Nuwe Kaapse Wilgerboom op die voorste grasperk van die Wilgenhof-manskoshuis op die hoek van Ryneveld- en Victoriastraat op Stellenbosch simboliseer 'n nuwe begin in 'n opgeknapte koshuis.
Summary: A new Cape Willow tree on the front lawn of Wilgenhof men's residence on the corner of Ryneveld and Victoria Street in Stellenbosch symbolises a new beginning in a renovated residence.
The article is now complete, begin the approval process: No
Article Workflow Status: Article incomplete
]]>
System Account Fri, 25 Jul 2025 15:59:59 GMT /afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=11360
Eerste beraad van sy soort aangebied deur die US se Sentrum vir Inligtingsintegriteit in Afrika_中国体育彩票 /afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=11369 Page Content:

Die eerste beraad van sy soort oor inligtingsintegriteit, met aanbiedings deur vooraanstaande navorsers, beleidsaktiviste, rolspelers in die bedryf en mediapraktisyns, is vandeesweek deur die Sentrum vir Inligtingsintegriteit in Afrika (CINIA) aangebied om die dwingende vraagstukke waarvoor die integriteit van die inligtingsekostelsel tans te staan kom, aan te pak.

Die beraad was die eerste groot geleentheid wat deur die onlangs gevestigde Sentrum, in die Universiteit Stellenbosch se Departement Joernalistiek, gere?l is. Die CINIA is ? medewerkende navorsingsentrum aan die voorpunt van die stryd teen die proliferasie van waninligting en skadelike inhoud op digitale platforms.

Die beraad is van 23 tot 24 Julie by die Stellenbosse Instituut vir Gevorderde Navorsing (STIAS) aangebied. Daar was meer as 40 deelnemers en die beraad het feitekontroleerders, joernaliste, beleidsvoorstanders en ander kernfigure in die bedryf byeen gebring. Verteenwoordigers van organisasies soos Meta, die Onafhanklike Verkiesingskommissie, Media Monitoring Africa, die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum, en die Departement van Kommunikasies en Digitale Tegnologie? was teenwoordig.

Die direkteur van die CINIA en voorsitter van die Departement Joernalistiek, prof Herman Wasserman, het die behoefte aan ? beraad van hierdie aard beklemtoon en gesê: “Die CINIA wil help om bedreigings vir inligtingsintegriteit teen te werk deur innoverende navorsing, interdissiplinêre samewerking en openbare betrokkenheid. Ons wil dit doen deur met ? groot verskeidenheid belanghebbendes saam te werk om kragte saam te snoer om demokratiese waardes en samelewingsvertroue regoor die vasteland te beveilig."

Drie vrae is gestel om die paneelbesprekings tydens die beraad te rig: die huidige navorsing wat gedoen word; die gapings in die bestaande navorsing; en die uitken van geleenthede vir moontlike samewerking.

Die eerste dag van die beraad het begin met ? inleidende sessie deur die lede van die CINIA, wat ? oorsig van die Sentrum se werk gelewer het. Dit is gevolg deur besprekings oor kubersekuriteit, kunsmatige intelligensie en die hantering van inligtingsintegriteit binne ? internasionale regulatoriese en politieke konteks.

Die besprekings op die tweede dag het gehandel oor digitale geletterdheid, teenmaatre?ls teen misleidende inligting, ondersoekende joernalistiek en aanlyn haat- en gendergebaseerde geweld.

? Nuwe boek onder redaksie van prof Sahana Udupa van die Ludwig Maximilian Universiteit van München en prof Wasserman, getiteld WhatsApp in the World, is ook aan die einde van die tweede dag bekend gestel. Die boek bevat veldgebaseerde en multidissiplinêre navorsing wat uitlig hoe kerneienskappe van die platform die versterking van disinformasie en vrye spraak moontlik gemaak het.

Prof Udupa het gesê: “Ons boek bied ? globale aansig van hierdie uiters belangrike kommunikasievorm. Deur verskillende globale gevallestudies begryp ons dat die ge?nkripteerde stuur van boodskappe vol teenstrydighede is en dat ? gegronde perspektief ons sal help om te sien hoe om uiterste spraak op die platform te hanteer." ?

  • Foto: Van die afgevaardigdes by die beraad, van links na regs: prof Herman Wasserman (Direkteur van CINIA), me Yossabel Chetty (Navorser CINIA), prof Priscilla Boshoff (Rhodes Universiteit), dr Tigist Hussen (Feministiese Internetnavorsingsnetwerk) en prof Sahana Udupa (Ludwig-Maximilians Universiteit).

Page Image:
Author: Daniel Roodt
Media Release: No
Visibly Featured: SU Main Carousel
Published Date: 7/30/2025
Visibly Featured Approved: SU Main Carousel;
GUID Original Article: 666997E4-B0B1-4819-9FC9-8EBE235A75F9
Is Highlight: No
Staff Only: No
Opsomming: Die eerste beraad van sy soort oor inligtingsintegriteit, met aanbiedings deur vooraanstaande navorsers, beleidsaktiviste, rolspelers in die bedryf en mediapraktisyns, is vandeesweek deur die Sentrum vir Inligtingsintegriteit in Afrika (CINIA) aangebied.
Summary: A first-of-its kind Summit on Information Integrity featuring leading researchers, policy activists, industry roleplayers and media practitioners was hosted this week by the Centre for Information Integrity in Africa (CINIA).
The article is now complete, begin the approval process: No
Article Workflow Status: Article incomplete
]]>
System Account Wed, 30 Jul 2025 10:39:14 GMT /afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=11369