中国体育彩票

图片
Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Voormalige EBW-dekaan, prof Johann de Villiers, tree af
Outeur: Daniel Bugan
Gepubliseer: 28/11/2022

Prof Johann de Villiers, 'n voormalige dekaan en staatmaker van die Departement Ondernemingsbestuur, tree aan die einde van die jaar af. Dit bring 'n einde aan sy voortreflike loopbaan wat nie net die Universiteit Stellenbosch be?nvloed het nie, maar ook die mense met wie hy saamgewerk het.

Prof de Villiers se loopbaan by US het in Mei 1997 begin nadat hy 12 suksesvolle en gelukkige jare by die Universiteit van die Witwatersrand deurgebring het, waar hy tot hoof van die Departement Bedryfsekonomie bevorder is.

“Daar sit ek toe, 43 jaar oud, doodgelukkig in my kantoor by Wits toe die telefoon lui. Dit is prof Izak Lambrechts van die Universiteit Stellenbosch. Hulle is op soek na iemand om Beleggingsbestuur te gee in die plek van prof Piet du Plessis wat pas tot hoof van Studentesake bevorder is.

“Die idee om op Stellenbosch te woon en te werk het baie aanloklik gelyk. En so het dit gekom dat ek en my gesin ons huis in Linden verkoop het en ? huis in Die Boord gekoop het."

Oor sy beginjare in die Departement Ondernemingsbestuur vertel hy: “Ek het een dag besef ek sal nie kan sit en wag dat die goeie studente na my toe kom nie; ek moet werk daarvan maak om toe te sien dat die goeie studente na ons toe kom. Hiervoor het ek besluit om op die kwalifikasie van geoktrooieerde finansi?le ontleder (CFA) te fokus. Ons moes ? program ontwerp wat studente in staat stel om verder vir dié kwalifikasie te studeer.

“Terugskouend gesien, was dit 'n wending wat ? groot veranderinge tot gevolg gehad het in hoe ek my tyd by Stellenbsoch sou bestee. In plaas daarvan om net te doseer en in my kantoor te sit en artikels skryf, moes ek deelneem aan die ontwerp van programme.

“Later het prof Estian Calitz (destyds dekaan van die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe) my gevra om voorsitter te wees van ? komitee wat die programstruktuur van die Fakulteit hersien en die aantal programme tot 10 moes verminder – ? mikpunt waarby ons nie heeltemal uitgekom het nie."

In daardie tyd is hy ook as visedekaan (Onderrig) aangestel. Met prof Calitz se bevordering tot die universiteitsbestuur, is prof De Villiers eers as waarnemende dekaan en ná 15 maande as dekaan aangestel.

“Die werk (as dekaan) het baie voordele waarvan die belangrikste is dat die prestasies van al die onderafdelings van die Fakulteit skielik 'n mens se eie prestasies geword het; selfs al het jy maar min daarmee te doen gehad," skerts hy.

Sy belangrikste taak met sy aanstelling, eers as visedekaan en later as dekaan, was die voortsetting van die momentum wat deur sy voorganger behaal is, vertel hy. Die twee grootste suksesse onder sy leiding was die wesenlike verhoging van die Fakulteit se navorsingsuitsette en die herontwerp van die voorgraadse onderrig- en leerprogramme.

Die herontwerp het tot minder programme gelei wat studente in staat gestel het om tussen spesialisasievelde te beweeg na mate hulle hul werklike belangstellings ontdek. Ander suksesse het die verkryging van fasiliteite vir die groeiende fakulteit ingesluit, soos die ou konserwatoriumgebou vir die Buro vir Ekonomiese Ondersoek (BEO) en 'n gebou vir die Afrika Sentrum vir MIV-/Vigsbestuur.

Ná sy termyn as dekaan het prof De Villiers na die Departement Ondernemingsbestuur teruggekeer vir wat hy gedink het sy laaste drie jaar sou wees. Daardie drie jaar het uiteindelik agt jaar geword.

“Op die ou einde was die werk wat ek regtig geniet het – en wat ek dink in iets groters kan ontwikkel – die werk oor aftreevoorsiening saam met Elze-Marie Roux.

“Maar nou lê die volgende hoofstuk vir my en my vrou, Maureen, voor. Ons trek Kleinmond toe en beplan om die jare wat saam oor is, ten volle te geniet. Baie dankie aan almal wat goed was vir my oor die afelope 25 jaar. Ek wens julle alles van die beste toe."

Prof Pierre Erasmus, dosent in die Departement Ondernemingsbestuur, het prof De Villiers die afgelope 25 jaar as dosent, kollega, departementshoof en dekaan leer ken. Hy het gesê: “Johann het in elk van dié rolle uitgeblink; nie net as 'n onuitputbare bron van kennis en wysheid nie, maar ook as 'n person met integriteit en 'n onkreukbare karakter. Johann het nooit 'n besluit geneem wat tot nadeel van sy kollegas sou wees nie; inteendeel, hy het homself gereeld in die spervuur geplaas ten einde die res van ons te beskerm.

“Hy was bereid om as voorsitter en dekaan voor te stap en te baklei vir wat reg was. As dosent en akademikus was hy bereid om ons werkslading en frustrasies te deel. Maar die belangrikse van alles was dat hy as kollega en vriend jou altyd beskerm het en seker gemaak het dat niemand uitgesluit is nie."

  • Foto's deur MJ Brooks geneem by die afskeidsgeselligheid van prof Johann de Villers.