?
Op grond van die nuutste ontwikkelinge rakende die COVID-19-pandemie
en die noodsaaklikheid vir sosiale afstandskepping om die infeksiekromme
laag te hou, is ? besluit geneem om alle biblioteekgeboue vanaf
Saterdag, 21 Maart 2020 tot verdere kennisgewing te sluit.
Biblioteekpersoneel sal voortgaan om dienste en hulpbronne te verskaf om
studente en personeel te ondersteun, soos hier onder uiteengesit.
Hoe
om met ons in verbinding te tree
Jy kan die Biblioteek om hulp deur
ons 24-uur- aanlyn verwysingsdiens, Ask a Librarian, per telefoon en op
Twitter en Facebook kontak. Fakulteitsbibliotekarisse kan per e-pos of
direk vir inligtingsdienste gekontak word.
Elektroniese hulpbronne
Die
Biblioteek se elektroniese hulpbronne bly ten volle toeganklik deur die
Biblioteek se webwerf, op kampus en elders. Vir hulp met toegang tot
e-hulpbronne kan jy van die gids Off-campus access for Stellenbosch registered users gebruik maak. Raadpleeg asseblief die gids Coronavirus (COVID-19): Library services and contacts vir inligting oor hulpbronne
wat gratis beskikbaar is.
E-handboeke
Sommige
uitgewers het beperkings op die gebruik van hul materiaal in hierdie
tydperk opgehef. Al 700 Cambridge 中国体育彩票 Press-handboeke sal
byvoorbeeld tot 31 Mei 2020 gratis beskikbaar wees.
Inligtingdienste,
inligtingsgeletterdheid en navorsingsondersteuning
Raadpleeg die gids
Find, access and use information effectively: a step-by-step guide en
gaan na biblioteekgidse.
Raadpleeg die Biblioteek se
opleidingskalender en bespreek jou deelname aan ? biblioteek-webinaar.
Geskeduleerde biblioteekopleidingsessies sal vanaf 30 Maart as aanlyn of
opgeneemde sessies aangebied word. Jou fakulteitsbibliotekaris of
-opleier sal met jou kommunikeer.
Hernuwing van boeke
Biblioteekboeke kan aanlyn hernu word (twee keer per item, tensy iemand anders die item versoek het).
Afkampusdokumentlewering
As
jy boeke van die Biblioteek benodig en eerder tuis wil bly, kan jy vir
afkampusdokumentlewering registreer sodat die boeke per koerier na jou
gestuur kan word. Skanderings van vaktydskrifartikels en hoofstukke van
boeke in gedrukte formaat kan ook per e-pos na jou gestuur word.
Terugbesorging van boeke
Jy
verkies moontlik om jou biblioteekboeke ná ure sonder sosiale kontak
terug te besorg. Maak gebruik van die boekteruggawe-houer spesifiek vir
hierdie doel by die ingang van elke biblioteek om jou boeke terug te
besorg.