中国体育彩票

图片
Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Meesterstudie bring hoop vir veiliger, omkeerbare manlike voorbehoeding
Outeur: Corporate Communication and Marketing/Korporatiewe Kommunikasie en Bemarking [Alec Basson]
Gepubliseer: 10/12/2024

'n Nuwe studie by die Universiteit Stellenbosch (US) toon dat 'n veiliger, doeltreffender en omkeerbare voorbehoedmiddel vir mans binne bereik is.

Kyla Raoult, wat Dinsdag (10 Desember 2024) haar meestersgraad in Polimeerwetenskap by die US se Desember-gradeplegtigheid verwerf het, het 'n omkeerbare op-aanvraag hidrojel ontwikkel wat as 'n omkeerbare, nie-hormonale geboortebeperking vir mans gebruik kan word. 'n Hidrojel is 'n sagte jellieagtige materiaal wat water absorbeer en swel om 'n 3D-netagtige netwerk met porie? te vorm.

Raoult sê die idee is om die jel in die saadbuis (vas deferens – die buis wat sperm uit testikels dra) te spuit waar dit in reaksie op waterige liggaamsvloeistowwe swel om 'n semi-deurlaatbare versperring te skep. Sodra dit geswel is, laat die hidrojel se porie? seminale vloeistof deur, maar blokkeer dit die deurgang van sperma, aangesien dit te groot is om deur te gaan. Die geblokkeerde sperm word dan weer deur die liggaam geabsorbeer, soortgelyk aan wat ná 'n vasektomie gebeur. Die jel, wat binne 'n minuut in die saadbuis vorm, kan in 'n dokter se spreekkamer ingespuit word.

"Die hidrojel is ontwerp om in plek te bly totdat die pasi?nt vrugbaarheid wil herstel. Hierdie tegnologie kan mans help om hulle vrugbaarheid te verminder sonder die gewone newe-effekte van hormoonblokkers, en dit dan te herstel wanneer hulle gereed is om 'n gesin te begin. Dit is belangrik om daarop te let dat die werklike duur van die voorbehoeding steeds in kliniese proewe bestudeer en bevestig moet word."

Raoult wys daarop dat die omkeerbare op-aanvraag hidrojel op twee polimere (groot sintetiese molekules) gegrond is wat chemies reageer om dit te vorm. Hierdie polimere is ook veilig vir inwendige gebruik in die liggaam.

"Deur bloot 'n oplossing in die jel in te spuit om die proses om te keer, word die chemiese bindings in die jel gebreek, wat veroorsaak dat dit in 'n waterige stof oplos wat uitgespoel kan word."

Op die vraag wat haar ge?nspireer het om hierdie spesifieke benadering tot voorbehoeding te ondersoek, verduidelik Raoult dat die meeste voorbehoedmiddels vir vroue ontwerp is.

"Mans se opsies is meestal tot kondome, vasektomie? en sommige hormoongebaseerde metodes beperk. Kondome is nie altyd 100% doeltreffend nie en aangesien dit bekend is dat dit seksuele stimulasie verminder, word dit dikwels verkeerd gebruik, indien dit enigsins gebruik word.

"Vasektomie? is 'n uitstekende voorbehoedmetode, maar die omkering daarvan lei dikwels tot komplikasies en dit is 'n meer permanente opsie.

"Die hormonale opsies word nog getoets, en die doeltreffendheid daarvan moet nog bewys word. Hulle word ook dikwels geassosieer met negatiewe newe-effekte. Daar is dus 'n duidelike behoefte aan 'n omkeerbare, nie-hormonale manlike voorbehoedmiddel."

"Ander hidrojels wat ontwikkel word, maak op eksterne massering of vibrasies staat om dit af te breek wat dikwels skade aan die vas deferens tot gevolg het. Ons tegnologie is ontwerp om omkeerbaarheid vinniger en makliker te maak," voeg Raoult by.

Sy sê daar is toenemende belangstelling onder mans om ongewenste swangerskappe te help voorkom. "As ons tegnologie aan mans 'n veilige opsie kan bied wat net eenmalig toegedien hoef te word en maklik omkeerbare is, glo ek die idee dat mans tot die voorkoming van onbeplande en dikwels ongewenste swangerskappe kan bydra, realisties sal wees. Geslagsgelykheid in voorbehoeding is belangrik aangesien mans én vroue verantwoordelik moet wees om by te dra tot veiliger sekspraktyke."

Raoult merk op dat 'n bekende hidrojel-voorbehoedmiddel, bekend as RISUG (Reversible Inhibition of Sperm Under Guidance), sowat 'n dekade gelede in Indi? ontwikkel is. Dit is uit 'n polimeer gemaak wat die fokus van die Klumperman-navorsingsgroep, onder leiding van Raoult se studieleier, prof Bert Klumperman van die US se Departement Chemie en Polimeerwetenskap, is. Haar projek bou voort op vorige werk wat in die groep gedoen is om hierdie tegnologie beter en meer omkeerbaar te maak.

Raoult verduidelik dat aangesien die projek nog in sy ontwikkelingsfase is en verdere laboratoriumstudies nodig is voor kliniese proewe, dit nie moontlik is om te skat wanneer die tegnologie op die mark beskikbaar sal wees nie.

Sy het reeds vir 'n Amerikaanse biotegnologiemaatskappy, NEXT Life Sciences, begin werk wat besig is om hidrojels vir manlike voorbehoeding te ontwikkel. 

  • Foto: Kyla Raoult by die gradeplegtigheidseremonie. Fotograaf: Stefan Els