中国体育彩票

图片
Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
'Dit is moontlik!' Elektriese motorfietsekspedisie vertrek uit Nairobi oppad na Stellenbosch
Outeur: Corporate Communication and Marketing / Korporatiewe Kommunikasie en Bemarking
Gepubliseer: 29/09/2024

?'n Elektriese motorfiets wat in Afrika ontwerp en gebou is en net deur die son aangedryf word, het Sondag (29 September 2024) die lang pad na Stellenbosch aangepak.

In wat beskou word as ? revolusionêre vertoon van Afrika-vernuf, is dit sover vasgestel kon word, die eerste keer dat elektriese motorfietse wat slegs deur sonkrag aangedryf word en in Afrika ontwikkel is, die sowat 6 000 km sal dek.

Die inisiatief sal deel wees van die vieringe vir Vervoermaand in Oktober.

Navorsers van die Fakulteit Ingenieurswese aan die Universiteit Stellenbosch (US) het kragte saamgesnoer met Roam, 'n tegnologiegedrewe elektriese mobiliteitsmaatskappy in Nairobi, Kenia, om die Roam Air, 'n pasgemaakte elektriese motorfiets wat in Kenia vir Afrika ontwerp is, te toets. Die motorfiets word in stedelike omgewings gebruik.

Prof Thinus Booysen, stigter van die Elektriese Mobiliteitslaboratorium, het vanoggend gesê die projek gaan oor vindingrykheid, hoop en samewerking. “As ons saamwerk kan ons ons probleme te bowe kom. Ons kan werk hier in Afrika skep en dit volhoubaar doen. Ons hoop om bewustheid te skep en mense opgewonde te kry oor elektiese mobiliteit. Dit alles ís moontlik!"

Die elektriese motorfiets, vergesel van twee ondersteuningsvoertuie, sal na verwagting Maandag 18 Oktober op Stellenbosch aankom – betyds vir die Universiteit se Elektriese Mobiliteitsdagviering.

Vroe?r hierdie maand het Booysen verduidelik dat Roam twee van sy elektriese motorfietse aan die groep vir navorsing en toetsing geskenk het. "Ons kan nie aan 'n beter manier dink om ons navorsingmedewerking mee af te skop as om die motorfiets op land in Afrika te toets nie. Om dit binne die Afrika-gemeenskap van vindingrykheid te doen, is 'n reusevoorreg."

Navorsers by die nuutgestigte Elektriese Mobiliteitslaboratorium in die Departement Bedryfsingenieurswese staan aan die spits van navorsing oor elektriese mobiliteit op die vasteland. Hulle fokus op die streek se unieke mobiliteitsmetodes en die nodige infrastruktuur en operasionele aanpassings.

Die US en Roam beoog om saam navorsing oor elektriese voertuie en die ondersteunende ekostelsel te ontwikkel en toe te pas, insluitende, maar nie beperk nie, tot die elektriese motorfietse, elektriese voertuigaandrywings, plaaslike vervaardiging en digitale loodse vir die beplanning vir elektriese stedelike mobiliteit.

"Hierdie reis toon Kenia se vermo? om elektriese voertuie van wêreldgehalte vir Afrika-toestande te ontwerp en plaaslik te vervaardig. Dit is 'n bewys van plaaslike innovasie, en neem die voortou in volhoubare mobiliteitsoplossings," sê Masa Kituyi, EM-produkeienaar by Roam vroe?r gesê.

PhD-kandidaat en medenavorser in die projek Stephan Lacock en Kituyi bestuur die motorfiets op die tog.

"Die klem val nie op die vraag of so 'n reis gedoen kan word nie, aangesien daar reeds ander soortgelyke reise in die wêreld onderneem is, maar eerder om Afrika-vindingrykheid en samewerking tussen die US en Roam ten toon te stel ten einde Afrika-toestande met groen sonenergie te oorkom," sê Lacock.

Die US-navorsingspan is onder meer baie ge?nteresseerd in die werkverrigting van die dryfstelsel en omruilbare batterye, asook die doeltreffendheid van die sonkragherlaaiingsoplossing.

Elektriese Mobiliteitslaboratorium

Die US se Elektriese Mobiliteitslaboratorium word op 18 Oktober by die Asara-wynlandgoed bekendgestel. 'n Hoogtepunt van die geleentheid sal die oorhandiging van 'n herboude 65-sitplek bus aan die Golden Arrow-busdiens wees. Die motorfiets wat die reis vanaf Kenia onderneem, sal ook amptelik aan die Elektriese Mobiliteitslaboratorium oorhandig word.

Regeringsamptenare, finansiers, verteenwoordigers van die bedryf en navorsers sal na verwagting die geleentheid bywoon. Demonstrasies van verskeie elektriese voertuie en laai-infrastruktuur sal deel uitmaak van die aktiwiteite by die geleentheid.

  • Die rit van Nairobi na Stellenbosch word moontlik gemaak deur die ondersteuning van Scatec, Balancell, Voetspore, Tracks for Africa, Bush Lapa, SANEDI deur die LEAP-RE-projek en Charlie's Travel.
  • Besoek ev.sun.ac.za/ecross.html vir meer inligting.

BYKOMENDE INLIGTING

  • Die span vertrek op 29 September vanaf Nairobi in Kenia en ry deur Tanzani?, Malawi, Zambi? en Botswana – om nie later nie as 18 Oktober op Stellenbosch aan te kom.
  • Die motorfietse word twee ondersteuningsvoertuie vergesel wat sonpanele vervoer om die motorfietsbatterye te laai. T.
  • Die reis sal op video vasgelê word met die oog op die vervaardiging van 'n dokumentêr. 

??Foto: ?Mnr Masalule Kituyi, Produk-eienaar van Roam Air and bestuurder op die tog (onder die valhelm links), Mnr Habib Lukaya, Bedryfsbestuurder vir laai- en energiestelsels by Roam en mnr Stephan Lacock, PhD-kandidaat van die Universiteit Stellenbosch en medenavorser van die projek (onder valhelm regs).